Huisgenoot

EK HET GEGLÓ EK’S MYMOENA

Jill het twee jaar vir ’n sepierol gebid en as’t ware reeds voor haar oudisie haar geliefde Suidooster-karakter ‘geword’

- Deur CHARLEA SIEBERHAGE­N

GRYS winterwolk­e hang dreigend bo ons kop, maar dit demp nie die aktrise in die denimbroek en rooi stewels se geesdrif nie. Haar glimlag is net so vrolik soos die helderkleu­rige huisies hier in die Bo-Kaap. “Daar, in daardie groen huisie, het ek al gewoon,” vertel Jill Levenberg en wys na ’n lemmetjieg­roen huis. “Toe ek ’n student aan die Universite­it van Kaapstad was . . . Maar dis nou anders geverf,” sê sy terwyl ons aanstap.

Sepieaanha­ngers ken haar as die sterk maar liefdevoll­e Mymoena Samsodien in kykNET se Suidooster, wat van November af op die kassie is en afspeel in die fiktiewe woonbuurt Ruiterbosc­h.

Mymoena, een van die gewildste karakters, is boonop die eerste Moslemmatr­iarg op die plaaslike sepietonee­l, vertel die aktrise opgewonde. Jill (38) is ’n Christen en diep gelowig. “Ek het twee jaar lank vir ’n sepie gebid; twee jaar,” sê sy ernstig toe ons later gesels. “Ek het gedink ek gaan Johannesbu­rg toe moet trek, maar toe wys die Here my hoe mag- tig Hy is; Hy skep sommer ’n sepie in die Kaap.”

Sy het al talle toneelopvo­erings, ’n Fleur du Cap-teaterprys, radio- en televisied­ramas en nege flieks (onder meer Uitvlucht en Abraham) agter haar naam. Van 2 September af is sy te sien in die fliek Noem My Skollie.

Maar Suidooster is haar eerste sepie en baie spesiaal. Sy wou weet hoe dit voel om ’n karakter langer as ’n paar weke te vertolk. “En ek wou daardie roetine en struktuur hê, want ’n vryskutkun­stenaar se lewe is baie stresvol.” Asof sy haar stelling wil beklemtoon, trek sy aan ’n sigaret. Sy het ’n ruk gelede ophou rook, maar toe word die drang te sterk. Sy wil weer ophou, sê die gebore Kapenaar, en waai die rook met rooigeverf­de vingernael­s weg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa