Huisgenoot

DRAMA WEG VAN DIE STADIONS

-

Die wêreld se bekende sportlui se privaat lewe is pal in die kollig – en dit geld vir talle deelnemers in Rio.

Die Suid-Afrikaanse spiesgoois­ter Sunette Viljoen (32) het onlangs op haar Facebook-blad uitgevaar teen haar familie, wat glo nou nog nie haar verhouding met die eNuus-leser LiMari Louw goed- keur nie. “Dit is vir my die moeilikste, ontstellen­dste ding om te doen,” skryf Sunette op Facebook. “Maar ek moet praat, ter wille van ander wat deur dieselfde hel gaan. Ek praat ter wille van elke mens . . . wat emosioneel of fisiek gebreek word oor wie hulle liefhet. Ek sal my hande stompies vir julle baklei en ek dra my Olimpiese jaar aan julle op.”

Die Britse duiker Tom Daley (22) het sy hart oopgemaak oor hoe hy op ’n onlangse verjaardag sy ma, Debbie, vertel het hy het al drie jaar lank ’n verhouding met ’n man. Hy het sy kêrel, die Amerikaans­e draaiboeks­krywer Lance Black (42), na die partytjie gebring. “My ma het geen benul gehad nie. Dit was net ’n gewone gesprek in die kombuis. Ek het my ma gevra wat sy van Lance dink. Sy het gesê hy is wonderlik. Toe sê ek vir haar ek het ’n verhouding met hom,” het Tom aan pinknews.co.uk vertel.

“Sy wou weet: ‘Bedoel jy ’n gay verhouding?’ Ek het ja gesê. En sy sê toe: ‘Nou goed dan.’ Dit was makliker as wat ek gedink het dit sou wees.”

Twee Britse atlete wat as mans gebore is, sal as vroue in Rio deelneem. Dié twee, wie se name nie bekendgema­ak is nie, sal Olimpiese geskiedeni­s maak as die eerste transgende­r atlete. Delia Johnston, ’n konsultant oor transgende­r sake vir sportligga­me, het vertel een van die twee is ’n sterk aanspraakm­aker op ’n medalje in haar sportsoort.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa