Huisgenoot

HEIDI KLUM EN JOHAN

-

DIS ietsi t wat t al ll lank kD David id Beckham se knieë lam maak: Sy slanke vrou leun vooroor, haar lippies getuit vir ’n soen . . . Maar vandag is dit nie op David se lippe dat Victoria haar pruilmondj­ie plak nie. Nee, sy buk af en soen hul jongste spruit, Harper, vol op die mond. Toe Victoria onlangs dié foto op Instagram deel, het sy gedink dis oulik om so haar liefde vir haar kind op dié se vyfde verjaardag te betoon. “Geluk met jou verjaardag, meisiekind. Ons is so lief vir jou. Soene van Mamma,” het sy langsaan geskryf.

Maar nie almal was beïndruk nie. “Walglik” en “vreemd” was van die kommentaar op sosiale media. Dit lyk dan asof sy haar kind op ’n seksuele manier soen! Wie sou ooit kon dink ’n piksoentji­e sou so ’n storm kon ontketen?

Baie van Posh se aanhangers het volgehou dié soen is niks anders as moederlief­de nie. Sommige het selfs foto’s gedeel waarop h hullell h hull ki kindersd op di die mondd soen met die hutswoorde #LiefdeIsLi­efde en #LaatKinder­sKindersWe­es.

En nou woed ’n lewendige debat of dit aanvaarbaa­r is om jou kroos op die mond te soen.

“Sommige mense wil daardie soort liefde hê,” sê Ann Rennie, ’n berader by The Family Life Centre in Johannesbu­rg. “Dit is vir hulle normaal, want dis hoe hulle grootgewor­d het. Hulle wil gedruk en gesoen word, terwyl ander in ’n baie anderse omgewing grootgewor­d en nie baie liggaamlik­e kontak gekry het nie.”

’n Soen van ’n ma aan haar dogter is ’n liefdesdaa­d, meen dr. Andrew Lewis, ’n kindersiel­kundige van Somerset-Wes.

“Solank die motief daarvoor suiwer en dit respekvol is. Ons is van nature liefdevoll­e wesens en hou van aanraking,” sê hy.

BAIE mense voel kinders moet deesdae vir hul eie belange kan opstaan, sê Melody PickCornel­ius, ’ n kliniese sielkundig­e van Kaapstad. “Vra die kind of jy hom ’n soentjie en ’n drukkie mag gee en die kind sê dan ja of nee. In die verlede het kinders nie die vermoë gehad om vir hulself in die bres te tree nie. Ek kom uit ’n era toe ons by familie in die een hoek van ’n vertrek begin soen en ombeweeg het.”

Volgens haar moet die kind jou lei en vir jou kan sê waarvan hy of sy nie hou nie. “As jy ’n goeie verhouding met die kind het, sal hulle jou gou sê.”

Dis in kinders se belang om self te besluit of hulle hul ouma, oupa, oom of tannie op die mond wil soen, sê dr. Jolanda Dreyer, sielkundig­e van Pretoria. “Jy kan hulle liewer leer om iemand in die oë te kyk, met ’n glimlag te groet en te sê: ‘Hallo, Tannie,’ of: ‘Hallo, Oom.’ ”

Sy sê kinders moet self kies of hulle ’n familielid wil soen. En as hulle dit nie wil doen nie, moet jy hulle leer dat die alternatie­f is om hulle met ’n glimlag te groet

 ??  ?? HOOFFOTO: Die modeontwer­per Victoriao Beckham gee haar dogtertjie, Harper,H ’n soen. Sy het dié foto op InstagramI­n gedeel op haar vyfde verja jaardag om haar geluk te wens. Talle mense het dit gekritisee­r en iets seksueels daarin gelees. Maar die...
HOOFFOTO: Die modeontwer­per Victoriao Beckham gee haar dogtertjie, Harper,H ’n soen. Sy het dié foto op InstagramI­n gedeel op haar vyfde verja jaardag om haar geluk te wens. Talle mense het dit gekritisee­r en iets seksueels daarin gelees. Maar die...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa