Huisgenoot

SIEKTES EN SOENE

-

Alle kontak hou risiko’s in, soene ook, sê dr. Jack Meintjes, hoof van die Universite­it Stellenbos­ch se sentrum vir infeksiebe­heer en -voorkoming. “Jou immuunstel­sel speel ook ’n rol.” Volgens hom is in studies bewys dis goed om soms van mense se organismes in te kry. ’n Groot bekommerni­s is die siekte Epstein-Barr-virus, wat deur speeksel oorgedra word. Simptome is onder meer ’n hoë koors, geswelde limfkliere en ’n seer keel. Dit genees meestal binne ’n maand of wat vanself.

Dr. Samantha Potgieter, Bloemfonte­inse infeksiesi­ektespesia­lis, sê dié virus is baie algemeen en een van die bekendstes wat deur speeksel oorgedra word. Volgens haar is soen ’n algemene manier van oordrag, maar kan dit ook gebeur deur eetgerei te deel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa