Huisgenoot

BEROU NÁ VERKEERDE BESLUITE

-

Ek is 65 jaar oud. Kyk ek so terug op my lewe, besef ek ’n verkeerde besluit het my op ’n hartseerpa­d gelei: te jonk getrou met die verkeerde man; die grootste fout van my lewe. Daarna 33 jaar van swaarkry, verdriet, depressie, slapeloosh­eid.

Ek het in vrees geleef vir sy woedeuitba­rstings. Twee pragtige kinders en drie kleinkinde­rs is my grootste geskenk.

Het ek maar na God geluister, sou my lewe heel anders gelyk het. M.N.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa