Huisgenoot

VANG ASSEBLIEF DIÉ KUBERSKURK­E

-

My hart gaan uit na Soozi Dinnie nadat die geld gesteel is waarmee haar vriende vir haar ’n rolstoel wou koop (Kuberskelm vort met my reddingsbo­ei, 28 Julie). Ek ken haar. Sy was ’n mediese ver-koopsverte­enwoordige­r en het baie na ons afdeling, dermatolog­ie, by die Tygerberg-hospitaal gekom om die dokters te spreek oor haar firma se produkte. Sy sou getrou by my inloer en dan het sy altyd lekker gesels. ’n Borrelende persoonlik­heid. Dit was met groot skok toe ons hoor van haar ongeluk.

Ek hoop daardie internetbo­ewe word gevang. Niemand verdien dit nie. Ons almal hier dink aan jou, Soozi. LIZELLE MARSHALL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa