Huisgenoot

MY BRUID OOK VERRAS

-

Soos die bruid van Bloemfonte­in het my vrou ook geen benul gehad dat sy op trou staan nie ( Verrassing, jy trou môre!, 28 Julie). Dit was ons albei se tweede huwelik. My en haar kinders het vir die naweek kom kuier en ek het voorgestel dat ons op die strand gaan stap.

Daar het die huweliksbe­vestiger al gewag, en toe sy my vroutjie vra of sy weet sy gaan nou trou, het sy in trane uitgebars. Toe sy haar vra of sy met my wil trou, skree sy: “Ja, natuurlik!” So is ons net daar in ons opgerolde jeans op die strand getroud. MOOI HERINNERIN­G

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa