Huisgenoot

Boos of nie, Pokémon bly gewild

-

Voor enigiemand begin tekere gaan oor hoe “demonies” Pokémon Go is, wil ek net sê: Dié speletjie is nie duiwels nie (Kolskoot, jou gedroggie!, 28 Julie). Dit is eintlik ’n baie lekker speletjie. Ek sal liewer dit speel en ’n paar kilometer stap om ’n “monster” te vang as om te doen wat ander jong mense van my ouderdom (19) doen, soos drink, dwelms gebruik of rook. POKÉMON-AANHANGER

As iemand wat al 20 jaar Pokémon speel, wil ek net uitwys daar is inderdaad 151 Pokémon (die korrekte meervoud) op die app beskikbaar, maar eintlik bestaan daar altesaam 720 Pokémon. R

Suid-Afrika is so vol misdaad. Pleks hulle maak ’n ordentlike speletjie van misdadiger­s se gesigte sodat ons hulle kan soek.

Almal wat so lekker loop en in openbare plekke Pokémon Go speel, gaan nog agterkom dit word gou “Misda- diger Go”, want ’n grypdief hol dalk met jou foon weg. YOLANDE STRAUSS, FACEBOOK

Dis duiwelse goed dié. Julle gaan almal brand. Gaan lees ’n bietjie wat sê die Bybel oor Pokémon. KEVIN GILMOUR

Julle wat so oor Pokémon kla: Jul kinders sit heeldag in die huis. Kinders loop nou weer buite rond. DRIEKUS VAN ASWEGEN

Baie oulik! My kinders stap nou elke dag dat dit klap. ANNATJIE KANES-FENSHAM

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa