Huisgenoot

SMS KORT BRIEWE

-

Jy kan vir ons kort briewe SMS na 36489. Begin met die woord HGBRIEWE. Elke SMS kos R1. Gesels gerus! Kan iemand by die SAUK asseblief vir die mense wat die weer behartig, sê om eenkant toe te staan? Niemand kan die windtoesta­nde aan die kus van KwaZuluNat­al sien nie. Dis so frustreren­d. KEELVOL

Telebemark­ers moet maniere leer. ’n Mens begin nie ’n gesprek met “How are you?” nie. Identifise­er jou eers voor jy na my welstand verneem. Dan weet ek of ek met die gesprek wil voortgaan. LETTIE SCHLOMS

Melanie du Bois, jy is pragtig. So jammer jy gaan weg by 7de Laan (Ek het uit die as verrys, 21 Julie). Ons ou tannies gaan jou mis. Mag jy baie gelukkig wees. CATHY

Ek was lank eensaam tot ek my lewensmaat ontmoet het. Ná 15 jaar saam het die Here haar weggeneem. Nou is ek weer eensaam. PIET

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa