Huisgenoot

JONK, MOOI ÉN SLIM – WAT ’N VANGS!

Kevin Leo se nuwe meisie is byna 20 jaar jonger as hy, het ’n meestersgr­aad in sielkunde en ’n besonderse verhaal

- Deur JOANIE BERGH

MENS hoef net na sy verlede te kyk om te weet Kevin Leo (45) het ’n oog vir ’n mooi vrou.

Die gewilde minnesange­r met die diep operastem was eers getroud met die mooie Helunda Steyn, waarna hy geluk gevind het in die arms van die pragtige Elizma Brink, ’n ou jeugliefde. En daar doen Kevin dit nou weer. Dié keer spog hy met ’n atletiese brunet aan sy sy wat boonop byna 20 jaar jonger as hy is.

Elna Dürr (26) van Malmesbury in die Swartland het verlede jaar haar meestersgr­aad in sielkunde aan die Universite­it Stellenbos­ch voltooi.

“Ja, Elna is baie besonders,” het Kevin telefonies aan Huisgenoot gesê, ’n paar dae voor dié twee verliefdes ’n vlug sou haal vir ’n twee weke lange vakansie in die buiteland.

Maar as ’n mens die storie nader volg, sal jy weet alles was nie altyd so rooskleuri­g op Kevin se liefdespaa­djie nie.

Toe sy huwelik van 10 jaar met Helunda, ’ n onderwyser­es in Pretoria, verbrokkel, het sy beweer hy het haar verkul, gemanipule­er en lelik afgeknou (My leed saam met Leo, 13 September 2012).

Een aand was hulle in ’n besonder bitter woordewiss­eling betrokke.

“Ek het bly lê en net gehuil. Ek was so geskok, ek kon nie ophou bewe nie,” het Helunda (toe 37) destyds vertel.

Maar daar is geen aanduiding dat Kevin se onstuimige verlede sy nuwe meisie afskrik nie.

Elna het ’n besonderse verhaal. Sy het retinitis pigmentosa, ’n oorerflike oogsiekte wat die selle in die oë aftakel sodat sy reeds sedert geboorte met haar periferale visie sukkel. Sy is een van vier kinders, van wie drie aan dieselfde siekte ly.

Sy het aan die Pioniersko­ol op Worcester gematrikul­eer en haar universite­itstudie met behulp van rekenaarsa­gteware en braille voltooi.

Op die atletiekba­an hardloop Elna met ’n gids se hulp en het sy verlede jaar die Suid-Afrikaanse 100 m-rekord in die afdeling vir siggestrem­des verbeter.

Elna wou nie met Huisgenoot praat oor hul verhouding nie, maar haar pa, John, het uit Malmesbury gesê hy is bewus daarvan.

“Ons weet van Kevin se verhouding met ons dogter. Die ouerdomsve­rskil pla ons nie. Dit is Elna se keuse en hulle is albei volwassene­s.”

Weet hulle van Kevin se beweerde stormagtig­e verlede met sy eksvrou?

“Ons weet daarvan, ja,” sê John. “Ons weet van als.”

DIE ander groot liefde in Kevin se lewe was Elizma Brink. Hulle het mekaar in 1991 by ’n restaurant ontmoet waar albei vir sakgeld gewerk het. Kevin was 20 en Elizma 15. Ná sy egskeiding van Helunda het hulle weer by mekaar uitgekom. Huisgenoot het in 2013 by hul huis in Pretoria gekuier toe hulle reeds twee jaar saam was.

En was die liefdesdui­fies nie vreeslik dol oor mekaar nie (Ons tweede kans, 14 November 2013)!

“Die Kevin wat Helunda beskryf het, is nie dieselfde goeie pa en man wat ek ken nie,” het Elizma destyds aan Huisgenoot gesê.

Kevin het ontken dat sy huwelik met Helunda so sleg was soos sy destyds beweer het.

Maar ook dié verhouding het op die ou end skipbreuk gely.

Helunda sowel as Elizma weet van Elna, Kevin se nuwe liefde.

Elizma wou nie kommentaar lewer nie en sê Kevin is ’n hoofstuk in haar lewe wat sy afgesluit het.

Helunda sê: “Ek het Elna nog net een keer vlugtig ontmoet, verlede jaar in Desember toe Kevin die kinders kom haal.

“Hul verhouding pla my nie; ek gun hom die wêreld. Ek het hom lankal vergewe.

“Elna moet haarself net belowe om te bly wie sy is . . . dat sy nooit te trots sal wees om met haar ouers of ’n vriendin te gesels as probleme of spanning opduik nie,” maan Helunda.

“En as Elna goed gaan wees vir my kinders en sy dit kan regkry om Kevin gelukkig te maak, waarom nie?”

 ??  ?? Die sanger Kevin Leo saam met die nuwe liefde in sy lewe, die atleet Elna Dürr. Haar pa, John, sê die ouderdomsv­erkil tussen dié twee verliefdes pla hom en sy vrou nie.
Die sanger Kevin Leo saam met die nuwe liefde in sy lewe, die atleet Elna Dürr. Haar pa, John, sê die ouderdomsv­erkil tussen dié twee verliefdes pla hom en sy vrou nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa