Huisgenoot

‘AL WAT HUL WIL DOEN, IS RY, DUIFIES, RY’

-

SY MAAK geen geheimh i daarvan nie: Sy word omtrent bederf, sê Clare Wiese, middelkind van die sakemagnaa­t en biljoenêr Christo Wiese. Toe sy en die voormalige Haai- kaptein Marco Wentzel onlangs afhaak, was dit een van die glansrykst­e en duurste troues tot nog toe in Suid-Afrika. Dié multimiljo­enrandtrou­e was ’n geskenk van haar pa, een van die rykste mans in die land.

Toe dit tyd word vir hul wittebrood, was dit Marco (37) se beurt om sy vrou te bederf. Maar wat gee jy vir ’n vrou wat al van kleins af die wêreld platreis? Iets wat sy nog nooit beleef het nie – ’n motorreis deur Amerika.

Dis nie juis die soort vakansie waaraan Clare (33) as kind gewoond was nie. “My ouers doen nie juis graag nie; my ma kan nie so lank stilsit nie!”

Nie Marco of Clare het al die weskus van Amerika per motor verken nie. En dis presies wat hulle tydens hul twee weke lange wittebrood gedoen het. En natuurlik was dit in styl. Terwyl haar bruidsmoto­r op hul troudag haar pa se splinternu­we Maybach was, h het hulle die pad gevat in ’n geh huurde swart Ford Mustang GT GT- vuurwa met ’n 5 L-enjin en afslaandak.

Marco was heeltyd agter die stuurwiel. “Ek was te senuagtig om aan die verkeerde kant van die pad te ry,” vertel Clare.

Hoogtepunt­e was daar vele. Hulle het beroemdes raakgeloop, met ’n helikopter die gewilde Grand Canyon in Arizona verken en Britney Spears, een van Clare se gunsteling­musikante, in Las Vegas sien optree.

Dié paartjie reis gereeld. “Marco het in Londen gebly terwyl hy vir die Wasps gespeel het en in Italië terwyl hy vir die Treviso-rugbyklub uitgedraf het,” vertel Clare. “Ek en Marco het saam in sy woonste stel in Londeno de geblygeb y tydenstyde s died e ‘eerste’ee s wittebrood­fase van ons verhouding. Ons wou saam nuwe stede verken waar ons ons eie herinnerin­gs kon skep.”

En hul wittebrood is een daarvan, iets wat hulle nog lank sal onthou.

MARCO, wat intussen ophou rugby speel het en nou op verskeie sakebelang­e fokus, reis baie. Tog kom die stempels in sy paspoort nie naby hare nie. “Ek reis al sedert ek ’n baba was,” vertel Clare. “My ma wou altyd haar kuikens onder haar vlerk hê; daarom is ek en my broer, Jacob (nou 35), en suster, Christina (nou 30), oral saamgeneem. My arme pa!”

Sy het Marco vier jaar gelede by die troue van die model en nuwe Boer Soek ’n Vrou-aanbieder, Minki van der West-

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa