Huisgenoot

WAT PAS REGTIG JOU SAK?

-

nare spesiale heffings opgesaal al word nie.

’n Voordeel van ’n voltitel-eiendom eiendom is uiteraard dat jy so te sê met jou u eiendom kan doen wat jy wil, wanneer er jy wil – soos jy die geld beskikbaar het. et. ndom s ike Moenie dink jy kan die huis bekostig net omdat jy genoeg het om die verband netnet by te bring nie, sê Albertus. “Oorweeg die algehele koste van eienaarska­p, van deeltitelh­effings en munisipale rekenings tot versekerin­g en algemene instandhou­dingskoste.”

’n Algemene riglyn is dat maandeliks­e huisverban­dpaaiement­e nie meer as 30 persent van jou bruto inkomste (dus voor aftrekking­s) behoort te wees nie. “Dit kan jou en jou wederhelf se gesamentli­ke bruto inkomste wees,” voeg Nico by.

Wees heeltemal eerlik wanneer jou verbandins­telling jou vooraf vra om jou maandeliks­e uitgawes te lys. As jy nou jok, kan jy dalk daarmee wegkom, maar oor ’n paar jaar gaan jy vasdraai met jou terugbetal­ings; dan verloor jy alles en sit jy boonop met ’n slegte kredietges­kiedenis.

“Dis altyd goed om in die finansiële posisie te wees om ’n paar persentasi­epunte van onverwagte rentekoers­verhogings te absorbeer,” meen John. Hy verwag nog een rentekoers­verhoging van ’n kwart persentasi­epunt teen einde vanjaar (die prima uitleenkoe­rs is tans 10,5 persent) en dat koerse dan volgende jaar konstant behoort te bly, na gelang van hoe die rand vaar.

sê Marius. Verskeie kriteria sal dan oorweeg word, soos dat jy ’n onberispel­ike kredietges­kiedenis en baie goeie algehele kredietgra­dering moet hê, bewys van ’n voldoende gereelde inkomste en dat die betrokke eiendom in ’n goeie toestand is in ’n buurt waar huispryse bestendig groei.

Andersyds wissel die gemiddelde deposito tussen 15 en 20 persent, sê Albertus. As jy ’n deposito betaal, verbeter dit jou kans om ’n lening te kry en kan jy selfs ’n laer uitleenkoe­rs kry.

’n Deposito van tot 30 persent kan vereis word van leningaans­oekers wat as riskant beskou word, sê Nico.

 ??  ?? HOOFFOTO en REGS: Kenners sê jy moet jou nie laat lamlê deur onsekerhei­d oor die toekoms as dit by ’n eie woonplek kom nie. Maar jy moet jou huiswerk deeglik doen om te verseker jy koop iets wat jou sak en omstandigh­ede pas. ONDER: Laat ’n kenner die...
HOOFFOTO en REGS: Kenners sê jy moet jou nie laat lamlê deur onsekerhei­d oor die toekoms as dit by ’n eie woonplek kom nie. Maar jy moet jou huiswerk deeglik doen om te verseker jy koop iets wat jou sak en omstandigh­ede pas. ONDER: Laat ’n kenner die...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa