Huisgenoot

IS ’N LANG VERBANDTER­MYN BETER?

-

Twintig jaar is veral algemeen, maar daar is ook 25- en selfs 30-jaar-opsies.

“Mense kies maklik die langste beskikbare termyn omdat die paaiemente dan laer en hul kontantvlo­ei beter is,” sê Albertus, “maar die eindelike koste om die skuld op jou huis af te betaal is dan baie groter.”

As jy jou lening oor 20 jaar teen prima koers afbetaal, betaal jy soveel rente dat jy inderwaarh­eid die lening omtrent 2,4 keer terugbetaa­l.

Met ’n termyn van 30 jaar is dit maklik 3,2 keer.

Dit is ook waarom Nico mense aanraai om soveel moontlik ekstra aan hul huisverban­d af te betaal en dit lank voor die leningster­myn te delg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa