Huisgenoot

’N EERSTE VIR DIE ‘FIRST’ WATSENAAM

As Hillary president word, wat sal ’n mens haar gade, Bill, noem? En Donald se vrou sal self geskiedeni­s maak as sy in die Withuis intrek . . .

- Saamgestel deur LARA ATSON

HULLE het geen amptelike werk of salaris nie, maar wel ’n kantoor en eie personeel in die wêreld se gesogste woning. Van hulle word verwag om die volmaakte gades en gasvroue te wees. Hulle kies geskenke, spyskaarte, blomme en sitplanne vir wêreld leiers se besoeke. Hul klere, haarstyle en koekierese­pte word bespreek. Maar hulle is ook stoere aktiviste vir enigiets van vroueregte tot gesonde eetgewoont­es. Hulle is die die vroue van Amerikaans­e presidente.

Maar hoe nou as die nie ’n vrou is nie? Wat noem ’n mens hom? En as hy boonop ’n oudpreside­nt is wat eerder bekend is vir sy sekskapade­s in die Withuis as vir koekies bak? Dis waaroor die Amerikaner­s – en die wêreld – gons nadat die Demokraat Hillary Clinton (68) die heel eerste vroulike Amerikaans­e presidents­kandidaat geword het.

Sommige politieke kommentato­rs skerts dit sal nie vreemd wees vir Hillary om die broek in die Withuis te dra nie – sy is die enigste wat al opp ’n amptelike foto ’n broekpak gedra het. .

As Hillary op 8 November die eerste ste vroulike Amerikaans­e president word,ord, sal die Clintons ook die eerste egpaar aar word wat ’n tweede keer by 1600 Pennsylsyl­vania Avenue intrek. Hul eerste verblyf blyf daar was van 1993 tot 2001. Destyds s is Bill se presidents­kap deur sy seksueleel­e verhouding met die Withuis-werknemer mer Monica Lewinsky oorskadu. Die meeste ste kommentato­rs is dit eens: Bill gaan homom nie met binnenshui­se versiering en blommerang­skikkings besig hou nie.

Hillary – tot onlangs toe die Amerierika­anse minister van buitelands­e sake ke – het al laat val sy sal as president sommermer self die blomme kies. Dis ’n slegte idee,, sê Heather Steinmille­r, sweep vir Hillaryy se presidensi­ële veldtog in die Amerikaans­e nse deelstaat Pennsilvan­ië. “Ek dink ons moet die stereotipe­s vernietig in dié land and dat ’n presidents­vrou een ding moet oet doen en ’n presidents­man iets anders.”s.”

Ingeligtes meen sy sal in elk geval l te besig wees met landsake en internasio­sionale krisisse, en dat hul dogter, Chelseasea Clinton (36), eerder dié rol sal vervul. En wat noem ons Bill? Bill?B liewer

sal dalk weensween die Lewinsky- skandaal onvanpas wees. “Ek verrkies verkies

het Bill in ’n onderhoud gesê.

Wat van Meneer enn en Mevrou President? Of sommersomm­ers President Billary?

Maar as die AmeriAmeri-kaanse volk die Withuis se sleutel vir die omstrede Republikei­nse presidents­kandidaat Donald Trump (70) gee, sal sy vrou, Melania, die titel kry. Sy sal self geskiedeni­s maak – as die eerste presidents­vrou wat al kaal vir ’n tydskrif poseer het. En boonop meer as een keer!

Kom ons vergelyk die potensiële Withuis-gades.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa