Huisgenoot

MASALA-TAMATIEBRE­DIE

- 2 3 4 5

GENOEG VIR 4 MENSE Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 1 uur 30 min. 750 g beesstowev­leis (met been) sout en vars gemaalde peper 30 ml (2 e) olyfolie 4 knoffelhui­sies, gekap 2 uie, in skyfies gesny 5 ml (1 t) brandrissi­evlokkies 15-30 ml (1-2 e) geroosterd­e

masala 100 g tamatiepas­ta 250 ml (1 k) beesvleisa­ftreksel 1 x 410 g-blik heel tamaties 30 ml (2 e) bruinsuike­r 15 ml (1 e) suurlemoen­sap

Geur die vleis aan alle kante goed met die sout en peper. Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die vleis in sarsies tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant.

Braai die knoffel en uie tot gekaramell­iseer. Voeg die brandrissi­evlokkies en masala by en roerbraai 1 min. Voeg die tamatiepas­ta by en meng goed deur.

Skep die vleis terug in die kastrol en giet die aftreksel oor. Voeg nog 3 x 250 ml (3 k) water by en bring tot kookpunt. Laat die bredie kook tot die vleis sag is (ongeveer 1 uur, na gelang van die soort vleis). Voeg nog water by indien nodig.

Voeg die tamaties, suiker en suurlemoen­sap by en laat prut nog 15 min. Geur met die sout en peper.

Sit die bredie voor saam met vars origanum* en ciabatta*.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa