Huisgenoot

MAAR WAT VAN GOEIE MANIERE?

-

Moet jy dan nou ’n buffel word wat mense pal in die rede val sonder dat jy verskoning vra? Natuurlik nie. Maar dikwels kan jy net “jammer” oorslaan en goeie ou “asseblief ” en “dankie” gebruik. Goeie maniere beteken om respekvol met mense te praat, nie om jammer te sê dat jy met hulle wil praat nie, meen Susan. Gestel jy soek in ’n winkel na ’n sekere produk en moet aanwysings vra by ’n assistent wat met iets anders besig is. Pleks van: “Jammer ek pla, maar kan jy my sê waar is . . .” sê liewer: “Kan jy my asseblief gou sê waar is . . .” Jy kan steeds hoflik wees sonder om vir jouself verskoning te vra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa