Huisgenoot

HY’S G’N REBEL NIE

-

Edwin verskil baie van sy karakter. “Hy onderdruk baie pyn en emosie, terwyl ek soms my hart op my mou dra. Ek dink wel ons het ons dieper siel gemeen. Dap hou daarvan om op sy eie te wees en musiek te luister of skryf. Ek glo my ouers is bly ons verskil, want Dap kuier aand ná aand.” Anders as Dap en sy pa, het Edwin en sy pa, Charles, ’n baie goeie verhouding. Albei is Kapenaars en gaan gereeld saam visvang. “Dis by daai stille waters waar die gesprekke en raad deurkom.” Charles (54) was ook in die Grensoorlo­g. “Ek wou nog nie te veel daaroor uitvra nie,” sê Edwin. “Ek wil eers nadat hy die film gesien het langs daai viswaters al sy stories hoor, as hy dan daaroor wil praat.” take

 ??  ?? In die aksiebelaa­ide droomtonel­e ervaar Dap die oorlog in die 1980’s as gevegsolda­at. “Dit was tot dusver een van die lekkerste ervarings op ’n filmstel,” sê Edwin. “Die ontploffin­gs, gewere, skubaduik en helikopter vlieg was hoogtepunt­e. Veral die helikopter. Ons het nie ’n oefenlopie met die regte helikopter gehad nie; ons het daardie dag direk met die eerste begin. Ek het amper Stian se knie beseer toe ons opstyg, maar daarna wou ek nie afklim nie.” Met Stian, ’n mentor en goeie vriend, sal hy oorlog toe gaan, sê Edwin.
In die aksiebelaa­ide droomtonel­e ervaar Dap die oorlog in die 1980’s as gevegsolda­at. “Dit was tot dusver een van die lekkerste ervarings op ’n filmstel,” sê Edwin. “Die ontploffin­gs, gewere, skubaduik en helikopter vlieg was hoogtepunt­e. Veral die helikopter. Ons het nie ’n oefenlopie met die regte helikopter gehad nie; ons het daardie dag direk met die eerste begin. Ek het amper Stian se knie beseer toe ons opstyg, maar daarna wou ek nie afklim nie.” Met Stian, ’n mentor en goeie vriend, sal hy oorlog toe gaan, sê Edwin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa