Huisgenoot

NUWE DVD’S

- Reiners), R129*. Deànré 2016. 103 min. 7-9O. 2014. 112 min. 13T. Komedie. Drama. R145*. R129*.

VERSKIETEN­DE STER

2016. 85 min. 7-9ODG. Musiekdram­a. Dié fliek is verfrissen­d anders as die stroom Afrikaanse romantiese komedies wat deesdae die silwerdoek tref. Dit vertel die verhaal van ’n musikale wonderkind, Phillip Schuman (

wat kwaai teenstand oorkom om sy konsertpia­nis-droom te bewaarheid. Die verhaal fokus op die verhouding tussen pa (Hykie Berg) en seun wat op hul uiteenlope­nde maniere probeer sin maak van hul geliefde eggenote en ma se dood. Jana Strydom speel die sterwende Maria met soveel deernis dat die kyker werklik kan identifise­er met die leemte wat sy ná haar dood laat. Benewens die spanning tuis, moet Phillip ook boelies op skool trotseer.

Die klankbaan, getoonset deur Geo Höhn en uitgevoer deur ’n volle simfonieor­kes, dra die kyker deur die intrige en is amper ’n karakter op sy eie. Jong Reiners se sensitiewe spel red die fliek waar dit soms wil verveel. Die storie ontvou stadig en kon plek-plek beter uitgebeeld geword het – veral die uitgerekte tonele tussen die maatskapli­ke werker en Phillip. Ten spyte hiervan inspireer die boodskap van vergifnis, liefde en geloof. Dit sou wel sterker oorgekom het as die regisseur, Darrell Roodt (Yesterday, Jakhalsdan­s), ’n minder prekerige aanslag gebruik het en die kragtige storie toegelaat het om self sy les oor te dra. – ANNEKE STREICHER

HAIL, CAESAR!

Josh Brolin is in die hoofrol as ’n stoïsynse ateljeebaa­s wat in die goue era van die Hollywood-ateljees ’n spul egoïstiese rolprentst­erre – gespeel deur onder andere Channing Tatum, George Clooney en Scarlett Johansson – in toom moet hou. Dis lekker om te sien die akteurs geniet dit om onbeheersd­e, dwase rolprentst­erre te speel, terwyl fliekkenne­rs die vele historiese verwysings sal geniet. Dié skreeusnaa­kse parodie met sy uitstekend­e draaiboek is pragtig verfilm en vertolk. Dis enduit ’n genot. En die laaste kinkel is amper so fantasties soos Tatum se haredos. – WILLEM MÖLLER

99 HOMES

’n Gewetenlos­e eiendomsma­gnaat, Rick Carver (Michael Shannon), lê beslag op die huis waarin ’n enkelpa, Dennis Nash (Andrew Garfield), saam met sy seun, Connor (Noah Lomax), en ma, Lynn (Laura Dern), woon. Hulle beland in ’n smerige motel saam met ander uitgesette gesinne. Dennis word Rick se handlanger om hul huis terug te kry en doen nou aan ander wat aan hulle gedoen is. Dié puik fliek laat ’n mens wonder: Hoe veilig is jou woonplek en tot watter uiterstes sal jy gaan om dit te behou? – MORNÉ VAN ROOYEN

A PERFECT DAY

2015. 102 min. 13T. Komediedra­ma. Dié swart komedie wat “in 1995 iewers in die Balkan” afspeel, illustreer wrang hoe burokratie­se rompslomp dikwels die gesonde verstand troef. Benicio del Toro en Tim Robbins lewer van hul mees natuurlike en minsame vertolking­s as die hulpwerker­s Mambrú en B. Dié twee word om elke draai gedwarsboo­m terwyl hulle ’n stuk tou soek om die lyk van ’n vetsugtige wat in ’n put gegooi is, te verwyder voor dit die water besoedel. Die fliek raak later ietwat uitgerek en herhalend, maar die absurde humor en ’n paar treffende emosionele oomblikke maak dit die kyk werd. – SANDRA VISSER * DVD’S is teen dié pryse beskikbaar by sonder vooraf kennisgewi­ng. takealot.com. Pryse was korrek met druktyd en is onderworpe aan veranderin­g

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa