Huisgenoot

NUUT IN DIE FLIEKS / GHOSTBUSTE­RS

-

Rillerkome­die. Met Melissa McCarthy, Kristen Wiig en Kate McKinnon. Regisseur: Paul Feig. 10-12OFpsGrG. Het op 26 Julie begin.

Waaroor gaan dit?

’n Hele 32 jaar nadat die oorspronkl­ike spookjagte­rs New York op horings geneem en grieselgee­ste in die stad se donkerste hoekies gaan uitsnuffel het, probeer vier vroulike spookvange­rs dieselfde doen – met ewe snaakse gevolge.

Wie sal hiervan hou?

Almal wat die oorspronkl­ike rolprent gesien het en nostalgies daaroor voel. Dis ’n koel, byderwetse, vroulike weergawe van daardie opsienbare­nde, outydse spookprent­e wat op donker, komiese wyse spoke en New Yorkse geskiedeni­s hemelhoog opstuur.

Dié slag spot ’n groep sterk vroue met hulself deur middel van ’n koelkop houding en verhang so die cliché-bordjies. Terwyl rolprente met manlike helde gewoonlik ’n dom blondine het wat met haar bates spog, is daar dié slag ’n dom vleispalei­s met droomspier­e wat die oog streel, maar nie ’n breinsel van ’n dag oud het nie. In daardie rol boots Chris Hemsworth vele vroulike voorganger­s heerlik na.

Maar dit is die selfbewust­e wyse waarop vroue die genre op sy rug keer en die hulde wat hulle aan die oorspronkl­ike rolprent bring, selfs in die ge- daante van Sigourney Weaver, wat dit laat werk.

Onthou net: Jy moet jouself oorgee daaraan en die spokerasie­s volg en geniet soos dit aangebied word, sonder om te veel vrae te vra. Daar is baie oordadige klugtighei­d, maar oor die algemeen is dit heerlik geslaagd en snaaks, veral omdat die komedie-aktrises sulke uiteenlope­nde persoonlik­hede het.

Dit is veral Kristen Wiig se bedaarde en onderspeel­de bleeksiel-spookjagte­r wat ’n balans handhaaf met veral Kate McKinnon se selfbewust­e en uitspattig­e vertolking. Melissa McCarthy is minder vulgêr en oordrewe as gewoonlik.

Kyk nou of wag vir DVD?

In sy glorieryke 3D-gedaante moet jy dit op die silwerdoek sien om die volle trefkrag van veral die spooktonel­e en jaagtogte behoorlik te ervaar. Ghostbuste­rs van 1984 en Ghostbuste­rs II van 1989. (Nommer 3 is nooit gemaak nie.)

Hoewel die rolprent in New York afspeel, is dit in Boston verfilm.

Emma Stone is ’n rol aangebied, maar het dit van die hand gewys.

Jennifer Lawrence en Rebel Wilson is ook op ’n kol vir die rolprent oorweeg. – LEON VAN NIEROP

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa