Huisgenoot

MEV. DR. PROF.

Sy streef daarna om ’n parvenu te wees sonder om te weet wat dit beteken

- Deur ANTOINETTE BURGER Illustrasi­e: LOUISA GERRYTS

MEVROU Professor Doktor Priscilla van Papendorp is ’n snob, hoewel sy eerder haar Gucci- skoene sou weggee voor sy dit erken. As sy dit wel sou erken, sou sy die term parvenu verkies het, om geen ander rede nie as dat dit bloot deftiger klink, al is die betekenis nie juis vleiend nie – maar dit weet sy nie.

Dawie Deetlefs het van kleins af daarvan gedroom om predikant te word en daarna in die bediening te staan in die arm gemeenskap waarin hy grootgewor­d het. Hy is lank en aantreklik met donker hare en helderblou oë en ’n treffer onder giggelende studenteme­isies, maar hy is ernstig van geaardheid en steur hom nie aan lawwigheid nie. Hy is net mal oor Lindie Smit, ’n 20-jarige bruinoogbr­unet wat besig is met ’n graad in verpleegku­nde. Vandat hy Lindie ontmoet het, is Dawie ’n desperate maar ook vasberade jong man.

Die romanse is ’n doring in die vlees van Priscilla van Papendorp. Sy het eindelik erg teen haar sin die feit aanvaar dat Lindie nooit die titel “dokter” voor haar naam sal kan skryf nie en plaas nou al haar hoop daarop dat sy ’n welvarende spesialis sal ontmoet en van Dawie se bestaan vergeet.

Haar enigste kind eendag ’n armsalige pastorievr­ou aan die ander kant van die treinspoor? Dit sal die dag wees!

Priscilla was eers ’n weduwee, voor- heen getroud met Phillipus Smit, in lewe ’n bekende sportjoern­alis by ’n Sondagkoer­ant. Hy het dit reggekry om hom ná 18 jaar van getroude lewe dood te drink. Gerugte het die ronde gedoen dat hy nooit sy mond aan ’n druppel drank gesit het voor hy Priscilla ontmoet het nie.

Sy weduwee het nie lank getreur nie. Haar oog was gou op Albertus van Papendorp, professor in gemeenskap­sgesondhei­d aan die plaaslike universite­it. Tydens ’n kunsveilin­g waar Albertus astronomie­se bedrae vir drie skilderye opgedok het, het die spinnekopw­yfie hom in ’n hoek vasgekeer waaruit hy nie kon ontsnap nie.

Die wewenaar is droog en onopvallen­d, maar hy het geld, status en ’n here-

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa