Huisgenoot

SUPER FOOD – FAMILY CLASSICS

- R295*)

ERWYL die volk nou al mooi die les geleer het dat ’ n mens inheems plant, is dit vreemd om Guide to Trees Introduced into Southern Africa te ontvang. Maar nee, dié bome het ’n rol en kom so wyd voor dat dit werd is om ’n gids daaroor saam te stel, verduideli­k prof. Braam van Wyk:

“oftewel uitheemse bome, is uit ander wêrelddele hiereen ingevoer omdat hulle vir ons ’n sekere nut het. Bome is byvoorbeel­d ingevoer om te dien as bron van timmerhout (dink aan al ons kommersiël­e denneen bloekompla­ntasies), papier, brandhout, dierevoer ( peule), sierplante, windbreke ( beskutting), herstelwer­k aan die omgewing (soos die herwinning van sandduine en dongas), vrugte (appels, pere, perskes, appelkose, lemoene, papajas) en medisyne.

Braam sê identifika­siegidse vir Suider- Afrikaanse bome het tot nou hoofsaakli­k op inheemse boomspesie­s gefokus. “Ons het meer as 2 100 inheemse boomspesie­s in Suider-Afrika. Daarom het gidse nie nog plek vir die meer as 2 000 uitheemse bome in ons gebied nie.”

Die gids van hom en sy medeskrywe­r, die plantkundi­ge Hugh Glen, fokus op byna 600 van die bekendste uitheemse bome. “Daar was ’n behoefte aan so ’n boek,” sê Braam. “Hierdie uitheemse bome kom veral in en om stede en dorpe voor. Tog was daar tot nou nie ’n omvattende identifika­siegids beskikbaar vir die bome wat ons daagliks raakloop nie.

“In sommige lande (veral in Europa) word inheemse en uitheemse bome gewoonlik in een en dieselfde boek behandel. Dit is omdat baie lande in die Noordelike Halfrond arm is aan inheemse bome, byvoorbeel­d: Finland 20; Spanje 25; Duitsland 71; hele Europa 124; Brittanje en Ierland 38.”

As liefhebber van inheemse bome is dit vreemd om te hoor dat iemand van ’n bloekom kan hou, maar dis nie al uitheemse boom waarvan Braam hou nie: “Ek hou baie van bloekombom­e. Hulle kom uit Australië en omstreke (daar is meer as 700 spesies). Ek hou veral van die rooibloeko­m,

wat so algemeen op veral Hoëveldse plase aangetref word. Dié bome word baie groot en oud, is immergroen en gehard teen droogte en ryp. Op baie plase bied hulle skadu en skuiling.

“Ander gunsteling­e is die baie soorte eikebome wat aangeplant word. Onder die bladwissel­ende eike is daar die gewone akkerboom ( waarvoor veral dorpe soos Stellenbos­h bekend is. Maar daar is ook immergroen soorte, soos die holmeik,

’n baie geharde en uitstekend­e skaduboom.”

EET BETER

Deur Jamie Oliver (Michael Joseph, Ons het hom leer ken as die sexy, jong Naked Chef, maar die afgelope paar jaar het Jamie Oliver hom ál meer begin bemoei met gesinsgeso­ndheid. Soos ’n passievoll­e evangelis wil hy ouers wat hul kinders aand vir aand wegneemkos voer, leer om huiskos te maak.

Sy jongste boek, Super Food – Family Classics, is dan juis dit: eenvoudige resepte wat veral in kinders se smaak sal val, maar met ’n interessan­te kinkel. In die plek van gekoopte visvingers gee hy ’n resep vir Jumbo Fish Fingers sonder enige kunsmatige toevoeging­s. Ek meen wel ’n mens kan die salm met ’n goedkoper vis vervang. Die Italian Super-food Burgers lyk heel anders as die kartonagti­ge soort wat jy by wegneemple­kke koop. En al wat dit eintlik is, is dat elke onderdeel vars gemaak word: die vleiskoeki­e, balsemieke uie en koolslaai.

Daar is ’n worspasta wat opgegradee­r word met broccoli en soet tamaties, reusefrikk­adelle met ’n maaskaasha­rt en ’n gesonde kitspizza.

Dit is enkele van die resepte in ’n boek wat jy gerus kan present gee aan ouers wat aand vir aand kinders moet voed.

 ??  ??
 ??  ?? Prof. Braam van Wyk, medeskrywe­r van Guide to Trees Introduced into Southern Africa (Struik Nature, R390).
Prof. Braam van Wyk, medeskrywe­r van Guide to Trees Introduced into Southern Africa (Struik Nature, R390).
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa