Huisgenoot

BAOBABS OF THE WORLD – THE UPSIDE-DOWN TREES OF MADAGASCAR, AFRICA AND AUSTRALIA

-

Deur Andry Petignat en Louise Jasper (Struik Nature, R230) Die kremetartb­oom maak selfs sy buiging in die klassieke kinderverh­aal Die Klein Prinsie, waar dit ’n boom so groot soos ’n kasteel genoem word wat nie eens deur ’n hele trop olifante opgeëet sou kon word nie. Net sy vorm alleen fassineer almal wat die “onderstebo” bome sien, maar daar is veel meer aan kremetarte. In hierdie gids word algemene inligting oor hul lewensgesk­iedenis gegee en in die tweede afdeling is ’n gids oor elk van die agt spesies, onder meer die botaniese beskrywing, habitat en gebruike.

Die fassineren­dste is die foto’s van hierdie bome wat soos avantgarde-landkuns lyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa