Huisgenoot

DODELIKE OUPA

-

Ek was in gr. 11 en een van ons take was om ’n veteraan uit die Tweede Wêreldoorl­og daaroor uit te vra.

Aangesien my oupa daardie tyd in Italië gedien het, het ek sommer met hom daaroor gepraat.

Ná ’n paar eenvoudige vrae het ek versigtig gevra: “Het Oupa ooit iemand doodgemaak?”

My oupa het stil geword. Toe sê hy saggies: “Heel moontlik – ek was die kok.” SAN MARCHAND, BELLVILLE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa