Huisgenoot

19:30 tot 20:30 18de uur in die water

-

agt. Ek bevind my op onbekende gebied.

Ek kyk af na my borskas en arms onder die water. My vel se kleur is aan die verander. Dis krytagtig en begin soos kreukelpap­ier plooi. Ek strek my vingers uit. Dit is opgeswel en verrimpeld en my trouring begin wegraak in voue wat soos ou verrottend­e vlees lyk.

“’n Dooie man se hande,” sê ek hardop.

Ek laat my oë oor die boot dwaal. Ridgy (Mark Ridgway) staan op die agterskip en skree en beduie wild. Hulle het my gesien.

Toe sien ek Niall se kop op sy bors afsak en Banger sy arms vou. En ek weet: My vriende het my nie gesien nie.

Ek laat sak my kop en swem soos ’n besetene na die boot toe. Ek swem vryslag so vinnig as wat ek kan vir wat soos 10 minute voel. Toe kyk ek op en besef ek het glad nie beweeg nie.

Die boot word aangeskake­l. Verslae kyk ek hoe dit wegvaar.

Wanhoop tref my met volle mag. Al het ek toe ek oorboord val, geweet die dood is onvermydel­ik, is dié wete nou 1 000 keer kragtiger, sekerder. Ek weet ek kan nie voortgaan nie. natuur het 1 000 volt deur my laat skiet. Dis bisar verkwikken­d. Ek voel ’n harde slag teen my rug, soos ’n vuishou, effens bo my linkernier. Wat de hel was dit? Dis ’n haai en dis so groot soos ’n bus! Ek herken die swart rand van sy vertikale vin soos ’n inkmerk. Dis ’n swartvin-rifhaai. Ek het al geduik in die Maledive, waar hulle algemeen is.

Dis nie regtig so groot soos ’n bus nie, maar op 2 m of so is dit groot vir ’n swartvin en onder die water lyk dit nog groter. Ek voel my hart in my borskas hamer. Terwyl dit steeds nader kom, trek ’n kragtige stuwing deur my lyf. My oorlewings­instink, primitief en rou, neem oor en ’n werklik absurde idee neem vorm aan. Jy kan hierdie ou aanvat, sê ek vir myself. Probeer hom sover kry om jou aan te val. As hy sy bek oopmaak, kry jou lyf uit die pad en druk jou linkerarm in sy keel af. As hy stadiger swem, gooi jou regterarm oor sy stert en hou vas; hy kan jou strand toe neem.

Ek verloor dalk ’n arm, redeneer ek, maar ten minste sal ek land toe getou word. Uit hierdie oseaan. Uit hierdie ellendige waterwoest­eny. Ek is reg om op ’n swartvin-rifhaai na my redding te ry. Bear Grylls kom in my gedagtes op. Sy TV-program is een van my gunsteling­e. Sou hy dit doen?

“Staan opsy, Bear Grylls, hier kom Arch! Komaan, maat,” skree ek in my gedagtes vir die haai. “Komaan!” Maar die volgende oomblik is hy weg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa