Huisgenoot

15:30 tot 16:30 14de uur in die water

-

Verligting spoel deur my. Hulle het teruggekom! Ons sal vanaand bier drink en môre branders ry. Dit alles sal ’n nare droom wees. Alles gaan oukei wees.

Dit begin weer harder reën. Ek hou op swem en hou aan water trap terwyl ek kyk hoe die boot nader kom – hulle pyl reguit op my af.

Skielik kom die boot tot stilstand. Ek werk uit hulle is tussen 150 en 200 m van my af. Ek begin skree, roep so hard as wat my stem kan dra. “Ek’s hier, ouens! Hier, ouens!”

’n Minuut later draai die boot dwars. Ek kan Niall Hegarty net uitmaak, sy figuur kleiner langs Banger (Benoit Maingard), ’n reus van ’n man. Hulle staan aan die stuurboord­kant met handdoeke oor hul kop en skouers.

Reën val weer aanhoudend neer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa