14:30 tot 15:30 13de uur in die water
’n Dreigende storm op die horison kom stadig nader. Ek lig my kop op; konsentreer net daarop om vog in my liggaam te kry. Reusedruppels val uit die hemel neer; dit lyk soos groot silwer munte wat neerreën. Ek probeer die druppels tel wat op my tong land.
Toe, toe die water vir ’n oomblik ophou, sien ek dit. Sowat 300 m verder, deur ’n waas van reën. Dis ons boot; dis die Naga Laut.