Huisgenoot

23:30 tot 00:30 22ste uur in die water

-

Is dit ’n droom? Bo die waterlyn: drie ligte. Ek bly daarna staar en wag dat dit verdwyn. Ek draai my stadig om. ’n Volle 360 grade. Stadige bewegings. Ek kyk terug. Dit is steeds daar.

Land. Ek weet dit oombliklik. Drie dorpies taamlik ver uitmekaar.

Ek is naby die eilande. Hoe ver is hulle? Dalk 15 km. Ek het in my jonger dae die gewilde Midmarmyl in KwaZulu-Natal geswem. Maar waarna ek nou kyk, is sowat die ekwivalent van 10 Midmarmyle. Jy kan daarheen swem, beveel ek myself. As jy nou begin, kan jy teen dagbreek daar wees.

Ek kies die middelste lig as my bestemming en begin borsslag daarheen swem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa