Huisgenoot

SAAM KAN JULLE BOU & BREEK

Ouers kan ook die twee speletjies speel wat kinders op hol het – dis die ideale manier om in hul wêreld betrokke te raak

- Deur PIETER VAN ZYL

AS JY jong kinders het, is die kans goed jy het dit al beleef. Jou kind sit eendag nog doodluiter­s voor die rekenaar of TV – en meteens begin hulle in tale praat. Soos die sesjarige Marco Bothma vandag. Hy is uitasem van opgewonden­heid waar hy voor die rekenaar in sy ouerhuis in Krugersdor­p sit. “Oom, daar is zombies of creepers in die donker. Die creepers ontplof en die zombies val jou aan,” borrel die woorde uit sy mond. “Maar jy kan ook in ’n tuin gaan stap en troeteldie­re met kos in jou hand lok. Dit bou jy met string en slime wat jy van slimes af kry wanneer jy met hulle veg.” Huh? Hoe sê? Ouers wat van tyd tot tyd sulke monoloë aanhoor, sal jou kan vertel: Die kind speel Minecraft. Minecraft en Clash of Clans is twee speletjies wat jong kinders op die oomblik op hol het – maar vir Ma en Pa se generasie kan dit behoorlik soos Grieks klink wanneer die kinders daaroor begin gesels.

Ons het by gesoute gaan kers opsteek om uit te vind wat presies dié twee speletjies is.

Gelukkig vir Marco is sy pa, Jaco, een so ’n gesoute speler wat saam met hom Minecraft aandurf. As ’n mens oor hul skouer na hul rekenaarsk­erm loer, begin dinge sin maak. Dit lyk trouens so ’n bietjie soos daardie bekende ou speletjie Lego. Oral op die skerm is blokkies wat die speler gebruik om goed te bou en rond te skuif.

Dis in dié blokkieswê­reld waar Marco en Jaco saam- saam oor virtuele landskappe rondskarre­l, bome uitkap, geboue oprig en hulself teen allerlei gevare verdedig. voorskyn kom om jou op te vreet). Die doel is om hierdie woeste wêreld te tem. m.

Eers kap jy hout af en bou ’n pik. Dan an grawe jy met die pik kole uit en bou fakkels om vuur te maak. Dan maak jy op ’n werktafel wapens en gereedskap met die hout wat jy gekap en in stokkies verwerk het – ensovoorts, tot jy ’n huis gebou het wat jou beskerm teen die monsters wat in die speletjie rondsluip. En as jy eers ’n huis het, kan jy begin vooruitboe­r deur onder meer skapies te versamel en jou basis uit te brei.

Minecraft het verskillen­de verstellin­gs waarin jy speel, vertel Warren Lombard, ’n vurige en tegnologie­konsultant van Springs. In die verstellin­g “Survival” moet jy ’n basiese oorlewings­tryd aanpak. Die speletjie begin waar jy in die wildernis neergeplak word; jy moet so gou moontlik ’n skuiling bou voor die son sak en die monsters uitkom.

In die verstellin­g “Creative” kan jy kies uit wêrelde wat vooraf geskep is, soos ’n winterland­skap of woestyn. Jy kan van ’n pondokkie tot ’n huis tot ’n kasteel bou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa