Huisgenoot

KINDERS BY DOSYNE . . .

Met ’n kroos van 19, van wie een doodgebore is, is die Radfords Engeland se grootste gesin, en daar kom dalk net ’n 20ste

- Saamgestel deur MARELIZE POTGIETER

TOE kl kleini Ph Phoebeb WillowWill verlede maand haar opwagting maak, was die Radford-gesin in die wolke oor die skattige kleinding. “Die kinders is gek oor die jongste lid van die gesin. Hulle staan tou om haar vas te hou,” het ma Sue laat hoor. En met nog 17 kinders in die gesin, is dit geen wonder hulle moet hul beurt afwag nie.

Die Radfords van Morecambe, Lancashire, kan daarmee spog dat hulle die grootste gesin in Engeland is. Hul 19de spruit is op Sondag 24 Julie gebore, maar met dié dat hul 17de kind, Alfie, op 21 weke doodgebore is, het hulle nou ’n kroos van 18 – net een minder as die Duggers van Arkansas, een van Amerika se grootste gesinne. Elkeen van Jim Bob en Michelle Dugger se 19 kinders se naam begin met ’n J en hulle het hul eie werklikhei­dsreeks gehad.

Die Radfords het ook ’n paar jaar ge- lede bekendheid verwerf met hul werklikhei­dsreeks. Eers was die naam daarvan 16 Kids & Counting, maar later moes hulle dit verander na 17 Kids and Counting.

En nou trek hulle al by 19, want hulle tel steeds wyle Alfie as een van hul kroos.

Die groot vraag: Is hul gesin nou ná Phoebe se geboorte voltallig?

“Ons vriende en familie bly sê ek moet nog een kind kry om dit ’n ronde getal van 20 te maak. Ek kan dit nie uitsluit nie, maar op die oomblik is ek bly om Phoebe by ons te hê,” sê die 41-jarige ma.

Haar man, Noël (45), het al hul manier van gesinsbepl­anning so verduideli­k: “Ons beplan nie om nie nog te hê nie. As dit gebeur, gebeur dit – dis hoe ons dit doen.”

Met ’n gesin van nege seuns en nege

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa