Huisgenoot

Liefde is in die lug

-

ASHLEY ROTHMAN EBEN ETZEBETH

Dit lyk of die Springbokk­e se hemelbesem die skoot hoog deur het. Sy spanmaat Siya Kolisi het onlangs ’n oulike foto van Eben op Instagram gedeel waar hy die Kaapse model optel. By dié foto het Siya geskryf: “Liefde is in die lug.” Die langbeensk­oonheid het dieselfde foto op haar profiel gedeel en gesê: “Jy laat my voel of ek bo-op die wêreld is.” Hierop het Eben geantwoord: “Jy is bo-op myne! Kom nou terug!”

Te oordeel na haar Instagram-blad was Sjanghai die afgelope ruk Ashley se tweede tuiste. Die model, wat al op die voorblad van die tydskrif Runner’s World was, het op 1 Augustus vertel sy keer oor ’n week terug na die Moederstad en haar geliefdes.

Die twee koer omtrent op Instagram. Net ’n paar dae tevore het Ashley geskryf: “My gedagtes loop en ek raak verlore in gedagtes van jou.” Sy het ook vertel hoe sy “dagdroom” en 16 slapies aftel.

Eben het hierop gesê: “Ek is sprakeloos. Ek kan nie wag om jou terug te hê nie. @ashley_rothman laat ons reis begin.”

 ??  ?? LINKS: Eben Etzebeth en die model Ashley Rothman koer omtrent op sosiale media. REGS en ONDER: Ashley deel gereeld sexy kiekies op haar Instagram-profiel. profiel.
LINKS: Eben Etzebeth en die model Ashley Rothman koer omtrent op sosiale media. REGS en ONDER: Ashley deel gereeld sexy kiekies op haar Instagram-profiel. profiel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa