Huisgenoot

RYLOOP SOMS AL UITWEG

-

Na aanleiding van die brief van iemand wat te bang was om ’n ryloper op te laai (Briewe, 14 Julie): Ek is in die skoene van daardie ryloper by wie jy verbygery het sonder om stil te hou.

Ek het nie ’n rybewys of voertuig nie en woon en werk sowat 200 km van my ouerhuis af. Daar is nie openbare vervoer daarheen nie; dus is ryloop al uitweg om in my af tyd by my ouers te kuier. Al is dit ’n warm somerdag of koue winterdag, durf ek die pad aan huis toe.

Soms is ek gelukkig om nie te lank te staan voor ek ’n saamrygele­entheid kry nie. Maar ander kere nie.

Dit is net omstandigh­ede wat maak dat ons moet ryloop om ook by ons bestemming te kom. Dankie vir dié wat my ’n saamrygele­entheid gee. Ons is nie almal kwaaddoene­rs nie. Maar ek verstaan dit is baie gevaarlik om iemand wat jy van geen kant ken nie, ’n saamrygele­entheid te gee. Ek vergewe u en verstaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa