Huisgenoot

REGSTELLIN­G

-

In ’n artikel oor kortisoon (Penarie met die pyn, 30 Junie) het Huisgenoot dr. Irmin Henkel, ’n oor-neus-en-keelspesia­lis van Pretoria, verkeerdel­ik aangehaal dat die langdurige gebruik van kortisoon-neusspuite tot rinitis medicament­osa, skade aan die neus se slymvlies, kan lei. Dr. Henkel het inderwaarh­eid gesê die gebruik van gewone neusspuite wat sonder voorskrif gekoop word, kan tot rinitis medicament­osa lei as dit langer as drie weke gebruik word.

Kortisoon-neusspuite, daarenteen, is baie veilig en het selde enige newe-effekte op lang termyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa