Huisgenoot

KONFLIK TUSSEN JOU KIND EN ’N STIEFOUER

-

Konflik is in enige saamgestel­de gesin moontlik en kan baie stresvol wees, verduideli­k Jeanne Meiring, ’n opvoedkund­ige sielkundig­e van Brits. In sulke situasies beveel sy terapie vir die hele gesin aan.

“Tydens gesinstera­pie kan die gesinslede hul vrese of ongelukkig­heid bespreek en saam werkbare oplossings vind. So ’n gesin kan onder meer saam besluit wat almal se verwagting­s is, hoe dissipline toegepas word (en deur wie), hoe hulle met mekaar kommunikee­r en wie watter rol in die gesin speel.”

Dis ook baie belangrik dat die ouer terapie vir die kind kry sodra hy of sy besef die kind kry emosioneel swaar.

Jeanne sê die stiefouer moet besef die kind kan hom of haar as ’n buitestand­er beskou omdat die biologiese ouer en kind se verhouding veel langer bestaan. Dis normale gevoelens. Die stief- en die biologiese ouer moet verstaan dit kan ’n ruk duur om ’n liefdevoll­e band met die kind te smee. Dit kan nie op die kind afgedwing word nie.

Laat die kind bepaal hoe die verhouding met die stiefouer moet wees en hoe vinnig dit ontwikkel. “Dis belangrik dat die stiefouer verstaan hy of sy kan nie die biologiese ma of pa se plek inneem nie. Die stiefouer moet in ag neem die kind se emosionele uitbarstin­gs of onaangenam­e optrede hou verband daarmee dat hy of sy ongelukkig is of nie verstaan wat aangaan nie. Dis ’n manier om emosionele pyn te verwerk.

“Die kind moet ook weet daar is iemand met wie hulle oor hul gevoelens kan praat en dat dit nie die stiefouer se bedoeling is om die ander biologiese ouer se plek in te neem nie, dat almal verbind is tot mekaar (se welstand) en wil sien dat die saamgestel­de gesin goed werk,” sê Jeanne.

– Joanie Bergh

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa