SOEK HY KOS OF LIEFDE?
Ek het ’n oulike vriend wat by my kuier. Dit gaan al drie maande so aan: Hy eet lekker by my, ons gesels ’n hond uit ’n bos en ruil ’n paar soene uit. Daarna word WhatsApp-boodskappe gestuur, maar net sulke ou aanstuur boodskap pie smet mooi prentjies; niks persoonliks nie. Wat dink jy is sy bedoelings?
RE, SMS
Jy kan maar net so komkommerkoel soos hy wees. Hy soek vriendskap met ’n paar sagte byvoordele en is nie nou ernstig oor enige verbintenis nie. Maar dalk ontwikkel iets tog mettertyd uit hierdie vriendskap. Dit is soms ’n veel beter beginpunt as om te vinnig in mekaar se arms te val.
Intussen moet jy nie vriendskapsverhouding smet ander mans afskeep nie. Moenie ter wille van hom enige opofferings maak nie. Werk suiniger met die soene en laat hom ’n slag by sy eie blyplek vir jou kos maak.
Wag ’n dag of wat voor jy op sy WhatsApp-boodskappe reageer. En as dit sulke sentimentele boodskappies is wat ’n man nie maklik self op sy foon sal aflaai nie, kan jy maar weet ’n ander meisie het dit vir hom gestuur en hy stuur dit net aan. Grootouers kan te betrokke wees. Maar dis nie hier die probleem nie. Jy is met reg bekommerd. Dié sensitiewe situasie kan tot vervreemding lei wat jare kan neem om te herstel.
Dis normaal om te vra of die fout by jou lê, maar dit klink asof jy jou skoondogter in aanmerking neem en bedagsaam teenoor haar is. Watter rol speel jou kleindogter se ouers? Hulle is moontlik onbetrokke en dit is waaraan sy gewoond is.
Jy moet die moontlikheid oorweeg dat jou skoondogter se beskuldiging ’n slaanstok is om jou seer te maak. Sy is dalk besitlik oor jou seun en hul kind.
Sekere werklikhede kan jy nie verander nie. Jou skoondogter is die hekwagter tot jul kleindogter, en of haar redes geldig is of nie, jy sal beleef en liefdevol moet hou by die grense wat sy stel.
Voldoen aan jou seun en skoondogter se versoeke oor wat die kleinding mag eet. Vra ook vooraf watter speelgoed gekoop moet word. Los eers die oorslaapaande. Laat haar ouers self besluit of hulle moeg is en hulp nodig het. Moenie besluite oor jou kleinkind neem sonder om haar ouers daarin te ken nie. Jou skoondogter klink onseker as ma. Moenie kritiek oor haar as ouer uitspreek of ongevraag raad gee nie.