Huisgenoot

AANVAAR GAYS, VRA OUER

-

EINDE Januarie kom staan die werklikhei­d weer vierkant voor die meeste mense. Die gloed van die vakansie is verby, jy het dalk al die eerste uitval met ’n kollega gehad en daar is begrotings by die werk en by die huis wat moet klop (hóé, weet jy nie).

As jy dan boonop iemand is wat nie van jou werk hou nie, kan die lewe swaar raak. Spesiaal vir jou het ons ’n artikel op bl. 46 oor hoe jy nuwe betekenis uit jou dagtaak kan put.

Ek sal my pa altyd dankbaar bly dat hy ons van jongs af geleer het werk is nie iets wat jy net van agt tot vyf moet verduur nie, maar eerder ’ n wonderlike geleenthei­d om jou talente uit te leef. Al die moeite wat jy insit, is ’n belegging in jouself; jy doen dit nie om iemand anders tevrede te stel nie.

Dit is ’n boodskap wat ook moet uitkom by die matrikulan­te wat in hierdie dae begin werk of hulself vir ’n beroep begin bekwaam. Die werkplek is vir seker vol uitdagings en teleurstel­lings. Maar jy het die mag om aan jou omgewing te help skep, deel van die oplossing eerder as die probleem te wees en boonop in die proses te bly groei en leer.

Van matriek gepraat, lees ook ons insiggewen­de artikel oor die matriekuit­slae en -standaarde op bl. 20. Ons het twee gay en twee heteroseks­uele kinders. Ons het deelgeneem aan die besonderse Kerssangdi­ens van die Reformeren­de Kerk waaroor Jan-Piet van Randburg geskryf het (Briewe, 22 Desember 2016). Dis in Linden aangebied deur ds. Trevor Skinner en sy gemeente.

Ons was so verbaas oor die hartlikhei­d waarmee ons ontvang is. Niemand het nagelaat om te groet of ’n handdruk of drukkie te gee nie. Die Woordverko­ndiging was suiwer volgens die Bybel, en ja, sonder twyfel was die Here by hierdie diens.

Ek as ouer wil net my hart skoonkry: In Desember het die einste dominee een van ons gay kinders in ’n verbinteni­s bevestig, en dit ná 12 jaar se geworstel met: “Mag ons of mag ons nie?” Hierdie besonderse verbinteni­s sal ek nooit vergeet nie. Met trane wat oor my wange rol, het ek ons hemelse Vader weer gedank vir hierdie pragtige kinders wat vir ons so spesiaal is.

Hoe kan ek as ouer ooit ’n onderskeid tussen my gay en my ander kinders tref? Die Here het hulle al vier vir my gegee. Die kerk waarin ek grootgewor­d het, waarin my kinders aangeneem en gedoop is, verwerp my gay kinders. Maar ek aanvaar hulle onvoorwaar­delik.

Aanvanklik het ek die “fout” by myself gesoek, maar telkens was die antwoord: Hulle is soos hulle is en g’n mens kan dit verander nie.

Dit het baie oortuiging gekos om te skryf. Al wat ek van die gemeenskap vra, is dat hulle my gay kinders aanvaar soos ek hulle aanvaar. Gun hulle ook ’n plek in die samelewing. TRANE IN MY HART,

RANDFONTEI­N

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa