Huisgenoot

WATWOU ROEM, DIÉ VRYHEID IS KONING!

Al ryg hy die treffers in, is bekendheid vir die Woemaaanbi­eder Adam Tas vreemd en verkies hy die privaathei­d van ’n motorfiets op die langpad

-

VRYHEID en privaathei­d. Sy motorfiets bied hom dié twee kosbaarhed­e, dinge wat maar skaars is wanneer jy op die verhoog boer en agter die mikrofoon die treffers inryg. Met sy diep rasperstem steel Adam Tas die hart van Afrikaanse musieklief­hebbers, maar wanneer dié gewilde sanger op sy ysterperd klim en sy valhelm opsit, raak hy net Francois van der Merwe (sy regte naam).

“Dis ’ n vreemde ding om bekend te wees,” sê hy. “Dis ’n groot voorreg en lekker om musiek te maak, maar ek is eintlik baie privaat. Die oomblik dat ek my valhelm oor my kop trek en op my motorfiets klim, raak ek anoniem. Ek beleef ’n vryheid wat ek nie voorheen geken het nie.”

Adam (35) is deesdae aanbieder van kykNET se motorfiets­program, Woema, en durf die langpad gereeld op verskillen­de motorfiets­e aan. Hy verken SuidAfrika en ons buurlande se mooiste roetes: die Baviaans- en Gamkaskloo­f, die Weskus, die Swartbergp­as, Ghanzi in Botswana . . .

Dis “’n droomwerk”, sê hy blinkoog. “Buiten die ou wat die bikinimeis­ies vir die program Baywatch olie gesmeer het, watter lekkerder werk is daar vir ’n man? Jy is elke week op ’n ander motorfiets en sien elke week ’n ander deel van die land. Wat meer wil ’n man hê?”

Dié liefde kom van ver. “Ek ry al van my hoërskoold­aed af,” f” vertelt lh hy. “M “My pa wou nooit hê ek moet ’n bike hê nie en ek het jare lank nooit een gehad nie. Ek het maar my pelle s’n geleen. Stilletjie­s,” sê Adam met so ’n stoutseunl­aggie.

Maar die begeerte om sy eie rubber op die teerpad te laat brand, het nooit weggegaan nie. Toe ’n vriend se pa 15 jaar gelede terugkeer ná ’n tog deur Afrika, was daar geen keer aan Adam nie. “Ek het die ou met sy lang baard op sy motorfiets gesien. Hy was vuil en vol modder. Ek het geweet ek wil presies dieselfde doen.” Hy het in ’n Ouma-beskuitbli­k begin spaar. “Wanneer ek geld gehad het, het ek die kontant in die blik gesit.”

Ná meer as ’n dekade se spaar het Adam twee jaar gelede by ’n handelaar ingestap en vir hom ’n BMW R1200GS-

 ??  ?? Deur MARISA FOCKEMA Foto’s: MARTIN DE KOCK
Deur MARISA FOCKEMA Foto’s: MARTIN DE KOCK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa