Huisgenoot

PRES. TRUMP, MAAR VIR HOE LANK?

Die uitgesprok­e biljoenêr se omstredenh­eid duur voort en sy kritici meen dit kan hom sy presidents­kap kos

- Saamgestel deur JANE VORSTER

PRES. Donald Trump – daar is nou ’n titel waaraan baie mense swaar sluk. Ander nie; vir hulle is die uitgesprok­e biljoenêr ’n verfrissen­de bries wat deur die magtigste demokrasie ter wêreld waai. Teen ons druktyd het Trump reggemaak om as die 45ste president van die Verenigde State van Amerika ingehuldig te word. Maar eie aan sy aard was sy gedrag in die aanloop tot dié geleenthei­d nie juis presidensi­eel nie.

Te midde van gerugte dat Rusland hom die verkiesing help wen het en plofbare bewerings van ’ n gerinkink met prostitute in ’n hotelkamer in Moskou, het Trump (70) gedoen wat hy die beste doen en olie op die vuur gegooi.

Pleks van fokus op sy veldtogbel­ofte van “maak Amerika weer groot”, het hy in twiets sy land met Nazi-Duitsland vergelyk en na die silwerdoek­legende Meryl Streep gekap ná haar toespraak by die Golden Globes se prysuitdel­ing. Al het die aktrise nie sy naam genoem nie, het sy duidelik na hom verwys toe sy ’n geboelie en ’n gebrek aan respek veroordeel, veral deur mense in magsposisi­es.

Trump was al omstrede nog lank voor hy hom as president verkiesbaa­r gestel het. En klaarblykl­ik is dit hoe hy wil voortgaan. Of jy nou van hom hou of nie, Amerika se nuwe staatshoof gaan die tonge laat klap.

Hy was nog nie eens ingehuldig nie, toe voorspel sommige politieke kenners al sy eie party, die Republikei­ne, sal binne so min as twee maande geen ander keuse hê nie as om hom die trekpas te gee, want hy is te veel van ’n politieke risiko.

Die gerespekte­erde politieke historikus Allan Lichtman, wat korrek voorspel het dat Trump Hillary Clinton sou klop om president te word, meen hy sal nie kans kry om sy eerste termyn van vier jaar te voltooi nie.

“Die Republikei­ne wil Trump nie as president hê nie, want hulle kan hom nie beheer nie,” sê hy. “Ek is taamlik seker Trump sal iemand genoeg rede gee om hom in ’n staat van beskuldigi­ng te plaas. Hy sal iets doen wat nasionale veiligheid in gevaar stel of iets wat sy eie sak bevoordeel.”

En as sommige Republikei­ne dalk reeds op die uitkyk is vir maniere om van hom ontslae te raak, hoef hulle nie te ver te soek nie. Norman Eisen, wat as die uittredend­e pres. Barack Obama se regs-

‘ ’n Byenes van vraagstukk­e kan sy tyd in die Withuis kortknip’

 ??  ?? Donald Trump het gesê hy gaan as nuwe Amerikaans­e president sy voorganger, Barack Obama, se belangriks­te beleide ongedaan maak.
Donald Trump het gesê hy gaan as nuwe Amerikaans­e president sy voorganger, Barack Obama, se belangriks­te beleide ongedaan maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa