Huisgenoot

WAT IS ’N STAAT VAN BESKULDIGI­NG?

-

sanksies toegepas word?” vra Leslie Kiernan, ’n vennoot in die regsfirma Akin Gump en onder Obama ’n adjunkraad­gewer in die Withuis. In Amerika is dit deel van ’n tweestappr­oses om ’n president uit die amp te verwyder op grond van verraad, omkopery of ander ernstige misdade en oortreding­s. Dit kan insluit oortreding van die wet, misbruik van mag of skending van openbare vertroue.

Eerstens berus dit by die Huis van Verteenwoo­rdigers om die bal aan die rol te sit deur ná ’n ondersoek of debat oor die saak te stem. As die meeste van die stemme ten gunste daarvan is, sal dit tot ’n staat van beskuldigi­ng lei. Dit hang dan van die 100 mans en vroue af wat in die senaat sit om oor die saak te besluit. As twee derdes hom skuldig bevind, sal hy uit die amp verwyder word.

Nog net twee vorige president is al in ’n staat van beskuldigi­ng geplaas. Andrew Johnson, die 17de president van Amerika, is in 1868 in ’n staat van beskuldigi­ng geplaas omdat hy die Ampstermyn­wet oortree het deur sy minister van oorlog, Edwin M. Stanton, sonder die senaat se goedkeurin­g af te dank. Toe die saak voor die senaat dien, het hy sy afdanking met net een stem vrygesprin­g.

Bill Clinton is in 1998 in ’n staat van beskuldigi­ng geplaas nadat die Huis van Verteenwoo­rdigers hom aan meineed en dwarsbomin­g van die gereg skuldig bevind het omdat hy onder eed oor sy buite-egtelike verhouding met die Withuis-intern Monica Lewinsky gelieg het. Maar die senaat het hom later vrygespree­k en hy is toegelaat om sy tweede termyn te voltooi.

As Trump in ’n staat van beskuldigi­ng geplaas word, sal die aangewese adjunkpres­ident, Mike Pence, oorneem.

Die Britse beroepswed­ders Ladbrokes bied ’ n wedsyfer van 50- 50 aan dat Trump voor sy eerste termyn verstryk in ’n staat van beskuldigi­ng geplaas sal word of self sal bedank. BRONNE: NYMAG.COM, THE INDEPENDEN­T, QZ.COM, BBC.CO.UK, NYTIMES.COM, WASHINGTON­POST.COM, THEATLANTI­C.COM

 ??  ?? LINKS: ’n Advertensi­ebord van Trump en Rusland se pres. Wladimir Poetin in Montenegro te midde van bewerings dat Rusland die Amerikaans­e verkiesing beïnvloed het.
LINKS: ’n Advertensi­ebord van Trump en Rusland se pres. Wladimir Poetin in Montenegro te midde van bewerings dat Rusland die Amerikaans­e verkiesing beïnvloed het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa