Huisgenoot

EN TOE’S DAAR WEL TV-LIEFDE!

Nadat boer Arno en Jacobu besluit het om net vriende te wees, het haar en Hennie se paaie by die e reünie gekruis . . .

-

DRIE maande lank het hulle die geheim so goed moontlik bewaar, al het mense gekyk, weer gekyk en steelfoto’s probeer neem wanneer hulle saam in die openbaar verskyn het. Elke keer het hulle dan mooi gevra dat die foto’s nie in die sosiale media gedeel word nie.

Die tweetjies wou nie kykers van Boer Soek ’n Vrou se pret bederf en boonop verwarring saai nie.

Nou lyk boer Hennie (26) gelukkig en smoorverli­ef waar hy saam met Jacobu in die Strand langs die see staan. Hulle kyk vir die kamera, glimlag en hou hande vas. Mense wat Hennie herken, kom groet – en frons wanneer hulle Jacobu langs hom sien. Wag ’n bietjie . . . Hennie en Jacobu? Ja, dié Jacobu, die onderwyser­es wat eintlik aan die blonde boer Arno geskryf het, en die meisie wat Arno eindelik gekies het om beter te leer ken.

Maar in die slotaflewe­ring van die jongste seisoen van dié gewilde werklikhei­dsreeks op kykNET het Arno dit duidelik gestel hy en Jacobu is niks meer as vriende nie.

“Daardie gevoel van verliefdhe­id” is net nie daar nie, het hy verduideli­k.

“Toe hy (Arno) die eerste keer by my kom kuier, het ons tyd gehad om te gesels en besef dis eintlik ’n mooi vriendskap,” vertel Jacobu (22) nou. En ja, sy was ’n bietjie hartseer toe ’n gevoel van verwerping haar op die boere se reünie tref.

“Met elke meisie wat uitgestem is, kon jy die teleurstel­ling sien, want iemand sê vir jou: ‘Jy is perfek, maar . . .’

“Ek dink enige meisie sal dit persoonlik opneem. Dit was net nie lekker nie, veral omdat dit voor die kameras was.”

Teenoor die aanbieder, Minki Joubert, het Jacobu erken sy is teleurgest­eld. En dié het haar getroos: “Daar is ’n wonderlike ou daar buite wat nie net vriende met jou sal wees nie.”

Min het Minki en Jacobu toe geweet daardie ou is net daar op dieselfde reünie.

Boer Hennie het alleen opgedaag nadat al drie meisies wat hy na sy plaas genooi het intussen ’n ander kêrel gekry het. Maar, het hy opgemerk, die regte meisie vir hom “kruip iewers weg” . . .

En haar wegkruippl­ek was toe baie nader as wat hy in sy wildste drome sou kon dink . . .

ODeur P DAARDIE einste reünie in die Paarl het hul paaie toe wel later die dag gekruis.

“Ons het so ’ n bietjie gesels, toe sê sy vir my: ‘Lyk my ek sal dinge moet verander, want niks loop reg vir my nie,’ ” vertel Hennie.

Jacobu sit langs hom op die bank in die blou-en-rooi sitkamer van haar tuinwoonst­el op Somerset-Wes, waar sy vanjaar aan ’n laerskool begin skoolhou het. Foto’s: Op ’n ander bank is ’n kussing met ’n beespatroo­n. Sy het op ’n plaas grootgewor­d en is gek oor beeste, vertel sy.

Aan die einde van die reüniedag is Jacobu Stellenbos­ch toe en het as guns vir Hennie ’n pakkie vir sy neef saamgeneem. Die volgende oggend het sy Hennie laat weet sy het dit afgelewer.

Op pad terug na sy plaas by Willowmore in die Oos-Kaap het hy die oproep gemaak wat sy lewe sou verander. “Dis toe dat ek haar bel en vir haar sê: ‘Moet

 ??  ?? CHARLEA SIEBERHAGE­N MISHA JORDAAN AN
CHARLEA SIEBERHAGE­N MISHA JORDAAN AN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa