Huisgenoot

VRA VIR HANNON

Die gewilde voorkomsko­nsultant deel sy wenke vir die mooiste jy op jou troudag

-

DIE SEWE DAE VOOR JOU GROOT DAG

JY BEPLAN al ’n jaar en uiteindeli­k is dit die laaste week voor jou troudag. Dis nou tyd vir jou afronding sodat jy op jou allermoois­te kan lyk en voel. Om op jou heel beste te lyk wanneer jy voor die kansel staan (en nog genoeg tyd te hê om enige moontlike voorkomsfi­asko’s die hoof te bied!), moet jy deeglike beplanning doen in die laaste week voor jou groot dag. Kom ons tel af. 7 Presies ’n week voor die troue moet jy vir die laaste keer jou hare laat kleur en sny – al is dit net die punte. Nou is nie die regte tyd om enige drastiese veranderin­gs te maak nie. Radikale veranderin­gs van haarkleur en -styl moes jy al ’n jaar vroeër gemaak het.

Dit is ook belangrik dat jy dit laat doen by die haarkapper na wie jy altyd gaan en wat jou hare, asook jou voor- en afkeure baie goed ken. 6 Ses dae voor die tyd is die beste tyd vir ’n volledige gesigsbeha­ndeling. Dit sal sorg dat jou vel ’n mooi gloed het.

As jy ’n baie sensitiewe vel het wat maklik kneus, moet jy lugtig wees vir ’n velbehande­ling wat ekstraksie behels, met ander woorde waar die terapeut puisies en swartkoppi­es uitdruk.

Moet onder geen omstandigh­ede so kort voor die troue enige prosedures laat doen wat chemiese afskilferi­ng of inspuiting­s behels nie. Jou vel sal dalk nie genoeg tyd hê om heeltemal te genees nie. Dit is altyd beter om versigtig eerder as jammer te wees. 5 Op dag 5 begin die idee van innerlike skoonheid ál belangrike­r word, want wat jy eet en drink, gaan ’n uitwerking hê op hoe jy lyk en voel. Vermy alkohol, kafeïen en sout sover moontlik. So verhoed jy waterreten­sie, swelling, pofferighe­id en ’n algemene gevoel van opgeblasen­heid. Jy wil ook seker maak jy pas in jou rok. Vermy dus suiker en vrugte sover jy kan.

Hoe meer water jy drink, hoe mooier en gesonder gaan jy lyk en voel. 4 Vandag is die dag waarop jy oorlog verklaar teen liggaamsha­re. Dit is tyd vir jou wenkbrou- en bikiniwaks. Moet weer eens nie skielik jou wenkbrouvo­rm te veel verander nie. Onthou, jy wil steeds soos jy lyk wanneer jou geliefde in jou oë kyk. 3 Tussen al die rondhardlo­pery en reëlings deur kan jy en jou geliefde gerus op dag drie ’n bietjie tyd saam deurbring deur ’n lyfmasseri­ng en miskien selfs ’n aanspuit-verbruinin­g te laat doen. Al is so ’n kunsmatige goue kleur nie ’n regte sonbruin soos net die son kan gee nie, lyk en voel enigiemand sommer mooier. En as jy vir jouself mooi lyk, lyk jy ook vir jou toekomstig­e lewensmaat mooier. 2 Die dag voor jou troue moet jy so kalm moontlik deurbring. Dis ook die dag wanneer dit die heel beste is om jou manikuur en pedikuur te laat doen omdat dit enige afskilferi­ng en die ontstaan van haakplekki­es aan jou naels tot die minimum sal beperk.

Dis ’n goeie idee om dit sommer saam met jou blomme- en strooimeis­ies te laat doen. Hulle het dalk ’n laat aand van partytjieh­ou vir jou beplan, maar die aand voor jou troue moet jy liewer vroeg gaan slaap en so min opwinding moontlik hê. 1 Begin die oggend van jou troue met ’n ligte ontbyt. Moet dit nie oorslaan nie; jy gaan beslis al jou energie nodig hê. Gee jouself ’n minimum van drie uur vir hare, grimering, aantrek en ’n fotosessie. As jy by ’n gastehuis of hotel aantrek, kies vooraf ’n kamer waar daar genoeg natuurlike lig is sodat jou haarkapper en grimeerkun­stenaar hul beste werk kan lewer. Ná jou week lange voorbereid­ing kan jy nou gerus agteroor sit en jou geestelik instel op die seremonie.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa