Huisgenoot

NUUT IN DIE FLIEKS / LA LA LAND

- – LEON VAN NIEROP

Musiekblys­pel. Met Ryan Gosling en Emma Stone. Regisseur: Damien Chazelle. O 7-9. Begin op 27 Januarie.

Waaroor gaan dit?

’n Uitmuntend­e jazzpianis en ’n voornemend­e aktrise ontmoet mekaar en raak verlief. Maar gaan die vermaakbed­ryf die twee duifies kou, vernietig en uitspoeg?

Wie sal hiervan hou?

Lesers wat nog dol is oor goeie, outydse musiekrolp­rente waarin kamma-kamma-sprokies met gelukkige eindes al singend vertel word. Resensente het die fliek verlede jaar gul ontvang en dit behoort een van die voorlopers in die Oscar-wedren te wees. Dit het reeds sewe Golden Globes gewen.

Ek was nie so gek daaroor nie, want dit is ’n aangeleerd­e smaak en ’n mens moet jou siniese brein en logika volkome afskakel om hierby aanklank te vind. Weet wel dit: La La Land is pragtig geskiet. Die fotografie, musiek, beligting en kostuums alleen verdien pryse, en mense wat hulle wil verlustig in ooglekkerg­oed, sal juig, veral danksy die skoonheid en sjarme van die twee hoofsterre wat soveel vonk en warmte tussen hulle het dat die silwerdoek behoorlik smeul. (Ryan Gosling en Emma Stone het albei ’n Golden Globe gewen vir hul rol hierin.)

Die openingsto­neel, waar voertuie in ’n ver- keersknoop vasgevang is en die motoriste dan skielik begin dans, is weergaloos oorspronkl­ik. Maar dit is in sy nabootsing van die goue era van musiekblys­pele waarmee Damien Chazelle eintlik uitblink.

Die fliek word sterk aanbeveel vir mense wat hou van melodramat­iese sprokierom­anses. Dis ’n lus vir die oog en oor, maar boots ook die sjarmante styl van die jare toet uitstekend na en is onbeskaamd nostalgies daaroor.

Gosling en Stone se spel is so gesaghebbe­nd en charismati­es dat hulle die rolprent lag-lag laat slaag. Voeg voetetergd­euntjies by en jy het ’n treffer.

Kyk nou of wag vir DVD?

As jou geld hier aan die einde van vandeesmaa­nd skraps is, sal dit ewe goed op DVD werk.

SOORTGELYK­E FLIEKS

Singin’ in the Rain, The Umbrellas of Cherbourg.

SPRINGMIEL­IEFEITE

Miles Teller en Emma Watson sou aanvanklik die hoofrolle vertolk het.

Ryan Gosling het ses dae per week elke dag twee uur lank geoefen om sy klavierspe­l te vervolmaak. Hy het elke klavierstu­k in die rolprent gespeel.

Damien Chazelle was ook regisseur van Whiplash (2014), waarin Teller te sien is.

 ??  ?? Emma Stone en Ryan Gosling is bekoorlik in La La Land.
Emma Stone en Ryan Gosling is bekoorlik in La La Land.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa