Huisgenoot

AGTER VERNON SE SUKSES

Vernon het Bobby weer laat huil op TV; ontmoet die blinde ster se merkwaardi­ge gesin wat sterk staan deur talle rampe

- Deur PIETER VAN ZYL Foto’s: MISHA JORDAAN

UITDAGING soos blindheid kan jou vlerke gee eerder as om dit te knip, het Vernon Barnard gewys toe hy verlede jaar op 22 aan M- Net se werklikhei­d s reeks The Voice South Africa deelneem. Met sy eerste oudisie het hy drie van die vier beoordelaa­rs so geroer dat hulle aangedaan geraak het. Een van hulle was die sanger Bobby van Jaarsveld, met wie se hulp die blinde sanger tot in die eindronde sou vorder.

Onlangs is die bordjies verhang toe Vernon in die tweede aflewering van die werklikhei­d s reeks Bo b bye n Karlien: In Jou Skoene die ervaring van sy wêreld met Bobby (29) deel.

Die gewilde sanger is geblinddoe­k en het die Strand, waar Vernon se ouers woon, 48 uur lank saam met sy sangeressu­s, Karlien (31), verken. Weer was Bobby in trane. “Ek is ’n dag lank blind en kan dit nie hanteer nie,” het hy gebieg.

Vernon se gesig gestremdhe­id het nie vir hom deure uit jammerhart­igheid ge- open nie; hy moes dit self oopsing.

En agter sy suksesverh­aal is ’n vasberade pa, ook Vernon, wat die gom in die gesin was toe sy oudste seun op ses blind verklaar en Parkinsons­iekte twee jaar later by sy vrou, Benéta (toe 34), gediagnose­er word.

“Dit was beslis nie maklik nie,” sê Vernon sr. (50) by die huis in die Strand, waar hy, sy vrou en hul jongste seun, Charl (20), woon. “Daar was destyds vir my geen ander keuse as om die beste van ’n slegte saak te maak nie.

“Ek het ook besef dat die rol wat ’n man speel en die besluite wat hy namens die gesin neem, ’n blywende uitwerking gaan hê, goed of sleg.

“Om te hoor dat gloukoom by jou sewe weke oue baba gediagnose­er is en dat dit tot blindheid kan lei, was skokkend en oorweldige­nd, om die minste te sê,” erken hy. “Maar ons het besluit om Vernon van kleins af aan te moedig om altyd sy beste te gee en hom daarvan bewus gemaak daar is ’n groot doel met sy lewe.

“Ons het hom probeer grootmaak en hanteer soos ’n gewone kind met ’n ge- stremdheid. Ons het baie dinge saam gedoen: geswem, vier wiel motorfiets­e n waterponie gery, glybaan. Hy het vir baie kans gesien, selfs om fiets te ry,” vertel die trotse pa.

Benéta se lewensgeha­lte het die laaste paar jaar drasties verswak. “Baiekeer vries sy en kan die mees basiese take nie self verrig nie. Dis nie maklik om te sien hoe die gesondheid van ’n eens spontane, lewenslust­ige geliefde so agteruitga­an en te besef hoe magteloos ons staan nie . . .”

Juis daarom beteken Vernon se sukses soveel vir hulle. “Ons is so dankbaar dat hy iets kon vind om te doen waarvoor hy lief is,” sê Benéta (49).

“Hy het selfs v irons’ n inspirasie geword en’ n toonbeeld van deursettin­gsvermoë, ongeag jou omstandigh­ede .”

HUL talentvoll­e seun se oudisie vir The Voice het nie net Suid-Afrikaanse kykers aangegryp nie. Die video daarvan het ’n treffer op YouTube geword: Dit is 23 miljoen keer op Spaanse radiostasi­es se You-

’ N

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa