Huisgenoot

DIE MITES OOR MANGELS

Ons privaat hospitale verwyder dié kliere dikwels onnodig, is bevind. Maar hoe weet jy wanneer so ’n operasie wel die oplossing is?

- Deur

JOU kleinding sukkel pal met ’n seer keel, koors en kliere wat soos knoppe staan. Al een wat meer raadop is as boet of sus, is jy, die arme ouer wat moet toekyk hoe jou kind ly. Jy glo dalk mangels uithaal is al raad, maar dokters waarsku nou dis nie altyd die beste oplossing nie. Die meeste mangel verwyderin­g soperasies in privaat hospitale in SuidAfrika is onnodig, meen’ n spesialis. Dis nie noodwendig die beste vir jou kind se gesondheid nie en dit kan gebeur dat dokters die operasie net uitgevoer het om geld te maak.

“Die koers waarteen kinders se mangels in ons privaat sektor uitgehaal word, is van die hoogste ter wêreld. Ons troef Kanada, Amerika en Engeland,” sê prof. Johan Fagan, ’n oor-neus-en-keelspesia­lis (ONK) van Ikeys.

Hy en sy kollegas het in November die bevindings van hul navorsing bekendgest­el wat wys ons land se privaat hospitale haal voor die voet mangels uit, dikwels onnodig. “Ons hoop die bevindings sal ouers, pasiënte en dokters herinner aan die maatstawwe vir die verwyderin­g van mangels,” sê hy.

Die opname, die eerste in sy soort in ons land, is net in die privaat mediese sektor gedoen; dus geld die bevindings net vir die 18 persent van die bevolking wat in 2013 ’n privaat mediese fonds kon bekostig.

Maar hoe gemaak as jy as bekommerde ouer van ’ n siek kind naarstig ’ n oplossing soek of as die dokter sê die mangels moet uit, maar jy is huiwerig?

ONTHOU, mangels moet net uitgehaal word as hulle probleme gee, sê dr. Khaleel Ismail, ’ n ONKdokter verbonde aan die Universite­it van die Witwatersr­and. Dit is nie ’n móét of selfs die norm dat ’n kind se mangels uitgehaal word nie.

“Gereelde mangelonts­teking, absesse agter die mangels, slaapapnee en vergrote mangels is die mees algemene redes vir die operasie van 30 minute tot ’n uur.”

As ’n kind pal siek is en mangelonts­teking kry, raak baie ouers wanhopig, sê dr. Chris Brink*, ’n Pretoriase ONK-dokter wat naamloos wil bly omdat die kwessie so omstrede is by privaat praktyke.

“Dikwels is die ouers raadop. Boonop is dit finansieel sinvol vir dokters om die eenvoudige maar duur operasie uit te voer. Tyd in die teater is sowat drie keer so winsgewend as ’n gewone doktersbes­oek en dokters in privaat hospitale verkeer onderdruk omhul begroting steikens te haal .”

Chris sê hy kry jaarliks sowat 200 versoeke om kinders se mangels uit te haal, maar staan net sowat 60 toe. “Dis nie net die dokters se skuld nie, want dikwels dring moedelose ouers daarop aan. As een dokter dit nie wil doen nie, sal ’n ander wel.” Wanneer ouers aangeraai word om ’n kind se mangels te laat uithaal, moet hulle seker maak die dokter het ’n erkende ondersoekm­etode gebruik. “Die meeste operasies is onnodig,” sê Chris.

“Maak seker die dokter gebruik ’n metode wat gegrond is op bewyse, byvoorbeel­d die Paradise-kriteria.”

Dié riglyne word wêreldwyd erken, sê Johan. Die voorvereis­tes vir ’n mangelverw­y dering is ’n kind wat met enige van die volgende sukkel en al behandelin­g met ’n antibiotik­um daarvoor ontvang het, maar sonder sukses:

sewe of meer keelontste­kings in die afgelope jaar;

vyf of meer keelontste­kings per jaar in die afgelope twee jaar;

drie of meer keelontste­kings per jaar in die afgelope drie jaar.

Samelopend­e kriteria sluit een of meer van die volgende in: koors bo 38,3 °C; limfkliere wat seer en geswel is of groter is as twee sentimeter elk;

’n afskeiding van die mangels, dikwels wit of geel;

’n positiewe toets vir’ n streptokok­kusontstek­ing.

“As almal dié vereistes sou toepas, sou die plaaslike koers van mangeloper­asies

‘Dikwels dring moedelose ouers op die operasie aan’

waarskynli­k meer in pas gewees het met die buiteland, waar mangels ál minder uitgehaal word,” sê Johan. Chris voeg by: “In Duitsland is dit byvoorbeel­d nou gewild om net die deel te verwyder wat probleme gee.”

Khaleel stem saam en sê die operasie sal eers oorweeg word nadat jy en jou kind se dokter – in dié geval ’n ONKspesial­is – al die risiko’s en voordele oorweeg het.

“Mangelonts­teking kan ook met ’n antibiotik­um behandel word.”

Chris sê ’n antibiotik­um sal dikwels die probleem oplos. Ouers moet ook seker maak die simptome is nie weens ander kwale, soos allergieë, nie.

Om die mangels te verwyder werp ongelukkig nie altyd vrugte af nie, sê Johan.

“Studies uit 2014 wys kinders wie se mangels uitgehaal word, is nie veel beter daaraan toe as dié wie se mangelonts­teking met ’n antibiotik­um behandel word nie.

“Die kinders wie se mangels verwyder is, het net 1,4 minder keelsere gekry in die jaar ná die operasie.”

Hy sê selfs by die kinders wat gelyk het asof hulle die meeste by die operasie baat sou vind, het die knaende ontsteking­s naderhand sonder die operasie weggegaan.

Dokters noem dié benadering afwagtende, konserwati­ewe monitering, oftewel watchful waiting. Dit beteken hulle kyk eers of die probleem nie dalk vanself opklaar nie. “Indien ouers on onseker is, moet hulle kyk hoe gereeld die kind met mangelof keelontste­king sukkel en of die kind se limfkliere ook moeilikhei­d gee,” sê Chris. “Ouers wat dit kan beskostig, kan gerus ook ’n tweede m mening inwin.”

In hul navorsing s skryf Johan en sy kolle legas herhaalde oorontstek­ing, die mangels se grootte, hoeve veel skooldae verlore ga gaan weens mangelon ontsteking en hoe gereeldld d die kindk d’ ’n antibiotik­um moet kry, kan ’n operasie help regverdig, maar tel steeds nie onder die amptelike kriteria nie.

Die koste verbonde aan ’n knaende seer keel kan ook aansienlik wees. Hieronder tel doktersafs­prake, vervoerkos­te dokter toe en die koste van medikasie.

“Hoewel dié koste en die uitwerking op die ekonomie nie op die amptelike riglyne betrekking het nie, kan niemand stry dat die siekte ’n groot las is nie. In Engeland gaan byvoorbeel­d jaarliks 35 miljoen skool- of werkdae weens mangelonts­teking verlore.” * Skuilnaam.

 ??  ?? MIEKE VLOK
MIEKE VLOK
 ??  ?? Navorsers meen die koers waarteen mangels in Suid-Afrika se privaat hospitale verwyder word, is hemelhoog. Boonop het dié prosedure nie altyd die gewenste uitwerking nie. Raadop ouers meen dit kan ’n einde aan duur doktersbes­oeke bring om hul kind se mangels te laat verwyder, maar vir medici in privaat praktyk is dit ’n winsgewend­e prosedure.
Navorsers meen die koers waarteen mangels in Suid-Afrika se privaat hospitale verwyder word, is hemelhoog. Boonop het dié prosedure nie altyd die gewenste uitwerking nie. Raadop ouers meen dit kan ’n einde aan duur doktersbes­oeke bring om hul kind se mangels te laat verwyder, maar vir medici in privaat praktyk is dit ’n winsgewend­e prosedure.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa