Huisgenoot

DOODGESKOK, ONS RAAKVATTER

Elisna was ’n ster in die huis en op skool, vertel haar pa en broer ná die tragedie by ’n muntoutoma­at

- Deur JACO HOUGH- COETZEE Foto’s: OMKGOPOTSE KOLOTI

DIE groep tieners het nog Oujaarsaan­d op die huis se dak gesit, na die vuurwerk in die omgewing gekyk en groot toekomsdro­me gedroom. Min sou hulle toe kon raai een van hulle sou die volgende aand nie meer lewe nie. ’n Paar dae nadat ’n roudiens vir die 13-jarige Elisna Uys in die Hervormde kerk Nigel gehou is, gesels ons met haar pa, die 55-jarige Klaas, en haar broer, Frans (15), in hul huis in Visagiepar­k, Nigel, oos van Johannesbu­rg.

Op ’n tafel in die sitkamer lê ’n hoop begrafnisb­riewe met ’n foto van Elisna se gesig voorop.

Sy is op Nuwejaarsd­ag in ’ n plaaswinke­l op die Hallgate-kleinhoewe­s buite die dorp doodgeskok toe sy raak aan ’n muntoutoma­at waarin ’n mens teddiebere kan vang.

Langs die outomaat het ’n ou yskas gestaan en Elisna het getrap in ’n plas water langs die yskas, vertel Frans, ’n fris jong man wat vanjaar in gr. 9 aan die Hoërskool John Vorster op die dorp is.

Skaars ’n jaar tevore het hy ook ’n roudiens bygewoon.

Sy ma, Susan, is in Februarie verlede jaar oorlede ná galblaaspr­obleme, waarvoor sy twee maande lank in die hospitaal behandel is.

Daarna moes die twee tieners die huishoudin­g oorneem, vertel Klaas, wat as algemene klerk by die plaaslike kliniek werk. Hy is serebraal gestrem gebore en sukkel met sy spierbehee­r.

“Ek het my sussie leer kos maak; sy het my weer gewys hoe om die huis skoon te maak,” vertel Frans. “Ons het beurte gemaak met die huistake, want my pa kan mos nie als doen nie.”

Hy staar lank na die grond. Nou rus die huishoudin­g op sy skouers, sê hy dan.

SUSAN het geglo haar twee kinders moet selfversor­gend grootgemaa­k word, “ingeval iets gebeur, om oor te vat die dag dat sy nie meer daar is nie”, sê Klaas. “Dis hoekom sy Frans van jongs af leer kook het.”

Dit was dan ook Frans wat die afgelope Kersdag ’n gerookte varkboud gaargemaak het, terwyl Elisna ’n aartappelg­ereg berei het.

“Ons was ’n span,” vertel Frans. “Ons het alles in die huis saamgedoen en mekaar gehelp.”

Die naweek daarna het die tieners op die Hallgate-hoewes gaan kuier by twee van hul maats, Quintin (14) en Nicole Jacobs (12).

Die Sondag stap hulle toe na ’n nabygeleë plaaswinke­l om koeldrank te koop. Die seuns was besig om te betaal en die meisies het by die muntoutoma­at rondgestaa­n toe hulle Nicole skielik hoor gil.

“Elisna het tussen die masjien en die yskas vasgesit,” onthou Frans die noodlottig­e gebeure. “Ons het so groot geskrik, ons het nie gedink nie; ons het net gedoen.”

Die twee seuns het haar uitgeruk en sy het ineengesto­rt. “Ek het noodhulp op haar toegepas,” vertel Quintin. “Ons het op skool geleer hoe.”

“Maar sy het net so vyf keer asemgehaal,” voeg Frans by.

NicoleNi l heth th haar pa, Dennis,D i watt sowatt 400 m van die winkel af woon, gaan roep, waarna hy met die kinders na die plaaslike brandweers­tasie gejaag het.

“Dit is so 10 minute ver, maar daardie dag het ons net drie minute gery,” vertel Quintin.

Elisna is met hul aankoms dood verklaar.

Quintin vertel hulle het gesien die winkel is daarna gesluit, maar niemand weet wat eintlik aangaan nie.

Wat Klaas ontstel, is dat nóg die eienaar nóg enigiemand anders hom ná die voorval selfs net gebel het.

Huisgenoot het Hennie Jacobs, eienaar van die winkelgebo­u, ’n paar dae later op die perseel aangetref. Hy het Huisgenoot met “geen kommentaar, geen kommentaar” van die perseel verjaag.

“Daardie mense kan maar praat wat hulle wil,” het hy bygevoeg.

“Alles is by my prokureur en die polisie. Hulle weet wat die waarheid is. Die waarheid sal seëvier!”

Hennie wou nie op ons voorgenome artikel reageer of sy prokureur se besonderhe­de verskaf nie.

ELISNA was ’n’ goeie mens, sê Frans oor sy sussie.

“Sy was standvasti­g, en al was sy jonk, het sy ná my ma se dood mooi gehelp in die huis. Sy was ook baie gewild onder haar maats. Baie van hulle het selfs gesê sy is hul rolmodel.”

En sy was slim, val Klaas hom in die rede. “Haar punte was altyd hier hoog in die 70’s. Sy was ook van kleins af hier by ’n dansskool op die dorp. Jy moet gaan kyk; in haar kamer is baie trofeë wat sy in kompetisie­s gewen het.”

Frans is ’n Oos-Gautengse jukskeispe­ler, ’n sportsoort waaraan Elisna ook deelgeneem het. “Ek het gemeen ek wil haar vanjaar daarmee help,” vertel Frans. “As ons nou saam in dieselfde skool sou wees, wou ek haar al die truuks geleer het van jukskei gooi.”

Hy gaan na verwagting einde vanjaar meeding op die Suid-Afrikaanse kampioensk­apsbyeenko­ms in Kroonstad.

“Ek het Elisna vertel ek sal haar afrig tot sy ook eendag in Kroonstad kan gaan deelneem.”

Sy sussie wou baie graag die fliek Jou Romeo gesien het, vertel hy verder. “Toe vra ’n outjie haar op ’n date om dit op Oujaarsdag te gaan kyk, maar sy het gekanselle­er, want sy wou daardie dag saam met ons in die Rotundus-vakansieoo­rd (buite Springs) deurbring.”

Ná hul uitstappie het Klaas sy kinders by hul maats in Hallgate afgelaai. Daardie aand het hulle op die huis se dak gesit en na die vuurwerk gekyk, vertel Quintin. “En ons het baie gesels oor alles wat in die nuwe jaar op ons wag. Elisna was baie opgewonde daaroor om hoërskool toe te gaan.”

Frans glimlag effens. “Sy het nog gegrap en gesê daar is meer en mooier seuns in die hoër- as in die laerskool.”

Elisna is veras, nes hul ma, met wie sy ’n baie hegte verhouding gehad het. Klaas gaan haar as saam met haar ma s’n in die gedenktuin by die Hervormde kerk Nigel plaas.

ELISNA het gewoonlik haar kamerdeur toegehou; daarom staan dit nou nog toe, verduideli­k Klaas.

“Baiekeer wanneer ek in die gang afstap, verwag ek dat sy die deur gaan oopmaak en uitkom,” vertel Frans.

“Maar dan gebeur niks,” sê Klaas op sy beurt. Wanneer die bedroefde pa soggens wakker word, verbeel hy hom nog dat hy haar in die kombuis hoor waar sy doenig is om vir hulle koffie en ontbyt te maak, soos die afgelope jaar ná haar ma se dood.

Frans onthou weer hoe sy hom altyd op Saterdae, “wanneer ek ’n bietjie later wou lê”, uit die bed kom jaag het. “Partykeer het ek my vervies, maar nou wens ek sy kan my elke dag kom opjaag.”

Elisna se kamer lyk nog nes daardie laaste keer dat sy die deur op 31 Desember agter haar toegetrek het.

Op die bed lê twee poppe en by die voetenent ’ n pienk opgevoude kombers. Teen die muur is ’n uitstalrak met al die trofeë en medaljes wat sy vir akademiese en sportprest­asies gewen het. Twee selfone lê op die spieëlkas langs die bed.

Haar gr. 7-skoolrappo­rt lê op ’n tafel teen die oorkantse muur wat aandui dat sy haar laaste jaar aan die Laerskool Tini Vorster met ’n gemiddelde van 81 persent geslaag het.

Onderaan die rapport het haar klasonderw­yser geskryf: “Elisna word bevorder tot gr. 8. Baie sterkte vir volgende jaar.”

‘Baie van Elisna se maats het gesê sy’s hul rolmodel’

 ??  ?? HOOFFOTO: Klaas Uys van Nigel en sy seun, Frans, verwag nog elke oggend dat Elisna (ONDER) uit haar kamer sal kom. Sy is onlangs doodgeskok.
HOOFFOTO: Klaas Uys van Nigel en sy seun, Frans, verwag nog elke oggend dat Elisna (ONDER) uit haar kamer sal kom. Sy is onlangs doodgeskok.
 ??  ??
 ??  ?? Frans en sy vriend Quintin Jacobs voor die winkel waar sy doodgeskok is by ‘n muntoutoma­at waarin ’n mens teddiebere kan vang.
Frans en sy vriend Quintin Jacobs voor die winkel waar sy doodgeskok is by ‘n muntoutoma­at waarin ’n mens teddiebere kan vang.
 ??  ?? Die talle trofeë en medaljes in died uitstalkas in ElisnaE se kamer getuigg van haar prestasies op akademiese en s sportgebie­d. Frans, wat uitblink in jukskei, w wou sy suster ook oor hierdie sportsoort­p touwysw gemaak het.
Die talle trofeë en medaljes in died uitstalkas in ElisnaE se kamer getuigg van haar prestasies op akademiese en s sportgebie­d. Frans, wat uitblink in jukskei, w wou sy suster ook oor hierdie sportsoort­p touwysw gemaak het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa