Huisgenoot

WELKOM TERUG, MY VOLLER LYF!

Marciel het vinnig baie gewig verloor vir Mej. SA, maar vier nou haar natuurlike kurwes terwyl sy hartsnare roer

- Deur SASKIA HILL

DIE twee bikini- kiekies langs mekaar het die tonge laat klap. Dis dieselfde modelmooi vrou, maar op die een lyk sy skraal en selfvoldaa­n; op die ander gerond en gelukkig. Is dié skynbaar voor- en ná-foto wat die een of ander verslankin­g s middel adverteer dalk omgeruil? wil ’n mens wonder. Want op die 2015foto is Marciel Hopkins (23) plankdun. Haar maag is plat, haar bene en arms gespierd, en haar sleutelbee­n staan prominent uit. Op die 2017-foto pronk sy met haar voller figuur, kurwes en al.

Nee, die foto’s is nie in die verkeerde volgorde nie en dis ook nie reklame vir die nuutste verslankin­gskuur nie. Dit is foto’s wat dié finalis in verlede jaar se Mej. Suid-Afrika-kompetisie kort ná Nuwejaar op haar Facebook- en Instagram-profiel geplaas het.

“Kyk ek nou na die (2015-)foto links, lyk ek op my beste, maar ek was nooit tevrede nie,” is haar kommentaar daarby.

Dié inskrywing roer hartsnare en talle vroue vind aanklank daarby. Dit is al meer as 3 000 keer op Facebook gedeel en boodskappe stroom van oraloor in oor die indruk wat dit gemaak het.

“Ek het juis tot ná Nuwejaar gewag, want dis wanneer kitsdiëte geld maak en ek wou mense juis wys dis oukei om in Januarie nie 5 kg te verloor nie,” verduideli­k Marciel.

Sy was in 2015 in die nuus toe koerante en die tydskrif Sarie berig sy het binne vier maande 14 kg verloor sodat sy aan Mej. Suid-Afrika 2016 kon deelneem.

Kort ná die kompetisie was sy terug by haar ou gewig. Sy het by die modelagent­skap ICE Genetics se afdeling vir modelle met ’n voller figuur aangesluit en is Duitsland toe vir modelwerk. Die ommeswaai het daar by haar eerste modelsessi­e gebeur. “Ek onthou so goed toe ek op die stel kom en ek trek hul jeans s aan, het hulle gesê: ‘Thee bum keeps the jeans up!’ ’

“Ek het skielik beseff kurwes en vroulike ron- dings is iets wat mense e vier,” vertel sy en straal l behoorlik toe sy dié é oomblik onthou.

Sy het grootgewor­d in n ’n kultuur waar vroue hulul rondings wegsteek. Lang-g-

broeke moes nie te styf sit nie en borste moes bedek word. En hier dring dit toe tot haar deur haar natuurlike kurwes is ’n begeerlike bate: “Nou vier ek dit.”

DIE 1,78 m lange model ontmoet ons op die Kaapse wynplaas De Grendel, waar haar pa, Charles Hopkins, ’n wynmaker is. Al is dié mooi donkerkop nou gemaklik in haar vel, vertel sy haar pad na selfaanvaa­rding was ’n lang reis.

En sedert sy die foto’s gedeel en doodeerlik onthul het hoe sy so vinnig gewig verloor het, loop sy deur onder kritiek dat sy liewer ’n dieetkundi­ge moes geraadplee­g het.

Marciel vertel toe sy in Maart 2015 besluit om d eelte nee maan die Mej. SuidAfrika-skoonheid swedstryd ,moes sy vinnig en sommer hard werk om haar lyf binne vyf maande bikini-gereed te kry vir die eerste uitdunrond­e in Augustus.

Sy onthou ’n tyd toe sy vier spinklasse per dag bygewoon het om dringend gewig te verloor. “Ek het nie geweet of ek betyds gaan wees nie. Ek het ’n kans gewaag,” sê sy.

Dis waarom Marciel ook nie almal van haar doelwit vertel het nie. Sy was toe nog primaria van die vrouekoshu­is Huis Ten Bosch op Stellenbos­ch, vertel dié 2011-matrikulan­t wat sielkunde studeer het. “Ek het ’n spesifieke doelwit nagejaag en geweet my besluit gaan groot opoffering­s verg,” het sy al vertel. “Ek was nooit hartseer of mismoedig nie, want ek het geweet ek moet ’n groter prentjie in gedagte hou,” sê sy.

“Ek het nie ’n spesifieke dieet gevolg nie, maar het my leefstyl drasties verander en letterlik my alie af geoefen,” skryf sy op Instagram. “Op die dag van die (2015-)foto het ek huis toe gekom, koud gekry ná die fotosessie en ’n appel vir aandete geëet.”

Ook moes sy onder meer stysel, drank en rooivleis uitsny om aan te hou gewig verloor. Soetgoed was heeltemal taboe. (Nou smul sy weer heerlik daaraan, sonder skuldgevoe­lens.)

Was sy ooit honger? “Ek het baie geëet, maar net baie gesond,” verduideli­k sy. Wanneer die versoeking te groot geraak het, het sy na broccoli, blomkool of wortels gegryp.

Op ’n keer het sy tog geswig. Tydens ’n familiekui­er het almal aan koek gesmul en dit was vir haar swaar.

“Ek het nog my ma gevra: ‘Dink Mam- ma ek mag ’n stukkie wortelkoek eet?’ Jy dissipline­er jouself so dat jy jou niks gun nie en ná drie happies het ek skuldig gevoel. Hoekom moet ons skuldig voel oor goed wat ons matig inneem?”

Nog ’n uitdaging was ’n twee weke lange Europese toer saam met haar gesin – pa Charles, ma Annaline en kleinboet Henry (20) – ’n maand voor die uitdunrond­e.

Marciel het versoeking­s weerstaan, maar met die laaste ete in Frankryk was dit anders. Sy kon nêrens op die lughawe iets gesonds kry om te eet nie en moes toekyk hoe die res weglê aan hamburgers en tjips. “Uit pure frustrasie bars ek toe in trane uit en sê vir my ma-hulle ek gaan ’n draai stap,” onthou sy. Marciel het nooit daardie aand geëet nie . . .

Sy verduideli­k waarom sy nie ’n dieetkundi­ge geraadplee­g het nie: “Met my prim-salaris kon ek dit eenvoudig nie bekostig nie.”

Marciel het self vir ’n oefenafrig­ter betaal en dit het ’n groot hap uit haar salaris geneem. “Ek was behep met dit wat die meeste vet sou verbrand,” sê sy.

NÁ Mej. Suid-Afrika was dit ’n “baie deurmekaar tyd. My kleregroot­te was sewe maande lank ’n no. 12. Dit was amper makliker om die gewig te verloor as om dit af te hou.” Sy moes kies: Gaan sy daardie leefstyl volhou of naweke biefstuk eet en soms ’n stukkie wortelkoek geniet? Toe kom die modelwerk in Duitsland en slaan haar lewe ’n nuwe koers in.

Noudat Marciel weer gemaklik in haar no. 14-jeans pas, meen sommige mense sy het lui geraak. “Die ironie is dat ek steeds oefen,” vertel sy. Sy hou van spinklasse en gewigsoefe­ninge drie tot vier keer per week. Naweke gaan stap sy saam met haar kêrel, die finansiële bestuurder Handrè Lourens (26). Hulle het mekaar in Desember 2015 op Franskraal ontmoet en is sedertdien saam.

Marciel sê sy voel nie deesdae noodwendig elke dag wonderlik oor haar figuur nie. “Ek werk elke dag aan my verhouding met my lyf.”

Ter wille van innerlike harmonie volg sy ’n holistiese benadering. “Jy besluit doelbewus om nie jou vlees jou vyand te maak nie, dat jou liggaam en siel liewer saamwerk,” sê sy.

Met haar honneursgr­aad in sielkunde wil Marciel nou ander mense help; daarom gaan sy vanjaar ’n jaarkursus in lewens afrigting volg terwyl sy nog modelwerk doen.

Sou sy dit weer doen? “Ek sou nie weer (aan Mej. Suid-Afrika deelneem) en weer daardeur gaan nie, maar ek sou nie my storie of reis verander nie. Ek het ’n doelwit gestel en wou aan myself bewys ek kon dit bereik: dat ek ’n finalis kan wees ongeag die liggaam s uitdaging .”

Sal sy jong vroue aanraai om vir Mej. Suid-Afrika in te skryf? “Ek sal niemand ooit ’n droom ontneem nie,” sê sy. “As dit is wat iemand graag wil doen, sal ek haar ten volle steun.”

 ??  ?? HOOFFOTO: Marciel Hopkins het binne vier maande 14 kg verloor om aan Mej. Suid-Afrika deel te neem. Nou weeg sy weer wat sy vroeër geweeg het – en is dolgelukki­g. ONDER: Sy’t dié foto’s in die sosiale media gedeel.
HOOFFOTO: Marciel Hopkins het binne vier maande 14 kg verloor om aan Mej. Suid-Afrika deel te neem. Nou weeg sy weer wat sy vroeër geweeg het – en is dolgelukki­g. ONDER: Sy’t dié foto’s in die sosiale media gedeel.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Marciel se ma, Annaline, bou al van kleins af saam aan haar drome. BO: Sy en Handrè Lourens is al net meer as ’n jaar ’n paartjie.
LINKS: Marciel se ma, Annaline, bou al van kleins af saam aan haar drome. BO: Sy en Handrè Lourens is al net meer as ’n jaar ’n paartjie.
 ??  ?? Marciel let steeds op wat sy eet, maar sonder om heeltyd skuldig te voel.
Marciel let steeds op wat sy eet, maar sonder om heeltyd skuldig te voel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa