Huisgenoot

UIT OUBOET SE SKADU

Dit gons oor Casey Affleck se Golden Globe, en hy en n Ben kan ’n Oscar-eerste wees

- Saamgestel deur NICOLA WHITFIELD D

DEKADES lank was hy Ben Affleck se minder bekende broer. Ouboet Ben het die pryse ingeryg, baie geld verdien en opslae gemaak; hy moes tevrede wees met optredes in onbekende flieks of klein rolle in lokettreff­ers. Maar nou is dit kleinboet oor wie Hollywood gons. Op 41 is die mediasku Casey Affeck eindelik die een in die kollig ná sy spel in Manchester by the Sea, waarmee hy ’n Golden Globe vir beste akteur in ’n dramarolpr­ent gewen het. Hy speel Lee Chandler, ’n geskeide man wat ná sy broer se dood terugkeer na sy tuisdorp en ’n voog vir dié se 16-jarige word. Ondanks lighartige oomblikke tussen hom en sy broerskind bly die skuldgevoe­lens en hartseer oor ’n afgryslike tragedie aan hom knaag.

Die rol is die hoogtepunt van Casey se loopbaan tot dusver en Ben (44) straal van trots. Dié het met sy vuis in die lug gepomp toe sy kleinboet se naam as Golden Globe-wenner uitgelees word. Hy was merkbaar aangedaan toe Casey die prys ontvang en het hom agter die verhoog gaan omhels.

Ben wil nou hê Casey moet ook die Oscar vir beste akteur wen. So sal hulle die eerste broers word wat ’n “Oscar wen vir afsonderli­ke flieks in verskillen­de kategorieë in verskillen­de jare”, sê hy.

In 1998 het Ben die Oscar vir beste oorspronkl­ike draaiboek vir die 1997-fliek Good Will Hunting gedeel met sy vriend Matt Damon. En in 2013 het hy die Oscar vir beste rolprent vir die 2012-fliek Argo gewen.

“Dit was een van die mees onvergeetl­ike ervarings van my lewe om te sien hoe my broer die Golden Globe wen omdat ek reeds so lank in hom glo en weet hoe talentvol hy is,” het Ben aan Entertainm­ent Tonight gesê.

Maar as ouboet het hy die dag ná die Golden Globes lekker met Casey op die program Jimmy Kimmel Live! gespot. Nadat hy die wens herhaal het dat hulle Oscargeski­edenis maak, het hy bygevoeg: “Dit sal die eerste keer wees dat iemand wat van 10 tot 14 jaar nie sy tande geborsel het nie ’n Oscar wen. En die eerste keer dat iemand wat sy broek voor die toilet tot op sy enkels laat val ’n Oscar wen. Hy sal ook die eerste Oscar-wenner wees wat bang is vir skoenlappe­rs en wat sy broer gevra het of Back to the Future ’n ware verhaal is.”

People.com het skertsend gewonder of die spottery Ben se wraak was omdat Casey hom nie in sy aanvaardin­gstoespraa­k by die Golden Globes bedank het nie. Pleks daarvan het hy sy medester Michelle Williams as “volmaak” bestempel en sy seuns, Indiana (12) en Atticus (9), geprys. Hy het ook hul ma, sy vervreemde vrou, Summer Phoenix (38), bedank en gesê sy “het my elke goeie toneelspee­l-idee gegee wat ek nog gehad het”.

G’n woord oor Ben nie. Nie dat iemand glo dit pla die ouer broer werklik nie. Ben en Matt het Casey glo albei gehelp om die prys te wen deur hom te loof in vergaderin­gs met die Hollywood Foreign Press Associatio­n (HFPA), wat die Golden

Ben wil hê Casey moet ook die Oscar vir beste akteur wen

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa