Huisgenoot

SO LYK DIE BROERS SE GELDSAKE

-

GlobesG bestuur. “Hulle het albei gegrap hy verdien e eindelik ’n Golden Globe,” het ’n lid van die HFPA aan The Guardian vertel. “Hulle was beslis ’n verenigde fr front – en dalk beskerm dit Casey teen d die soeklig. Dit herinner my nogal aan Woody Allen – die verligte media is te mal oor hom om werklik die waarheid te ondersoek.”

CASEY se “kragtoer” in die aangrypend­e Manchester by the Sea het hom ’n plek op die A-lys beroemdes besorg, maar ook ’n skandaal laat herleef wat hy liewer sal wil vergeet.

In 2010 het hy gewerk aan die kammadokum­entêr I’m Still Here oor die lewe van die akteur Joaquin Phoenix (42), Casey se voormalige swaer. Destyds het die kinematogr­aaf Magdalena Gorka (39) en die vervaardig­er Amanda White (34), twee vroue wat saam met hom daaraan gewerk het, beweer Casey het hulle verbaal en seksueel geteister.

Volgens Amanda het hy gespog oor sy sekskapade­s, haar gevra om met hom seks te hê en haar “gegryp”. Magdalena sê hy het by haar bed ingekruip terwyl die rolprentsp­an in sy woonstel oornag het en haar gestreel. Casey het glo ook ’n “vyandige omgewing geskep” deur onder meer ’n spanlid te beveel om sy geslagsdee­l te ontbloot.

Die vroue het hom vir sowat R15 miljoen gedagvaar. Casey het volgehou die bewerings is vals, maar met albei geskik.

Mense het die voorval vergelyk met die seksskanda­le van Hollywood-sterre soos Woody en die vervaardig­er Roman Polanski. Rory Carroll van The Guardian het wel daarop gewys dat Woody van kindermish­andeling beskuldig is en dat Roman skuldig bevind is daaraan, maar dat albei nog “gerespekte­er word vir hul prestasies in die rolprentbe­dryf ”.

En dit lyk of Casey dieselfde behandelin­g kan verwag, hoewel Rory daarop wys dat sy beweerde oortreding­s niks met kinders te doen het nie.

Al wat Casey nou daaroor wil sê, is dat “’n skikking bereik is waarmee almal tevrede was. Ek was seergemaak en ontsteld. Ons almal was, maar ek het dit te bowe gekom.”

Hy het in ’n onderhoud met die vermaaktyd­skrif Variety daarop gesinspeel dat hy die slagoffer was. “Ek veronderst­el mense dink omdat jy bekend is, mag hulle sê net wat hulle wil. Maar dit is so nie, want almal het ’n familie en ’n lewe.”

SY EIE gesinslewe het verbrokkel midde-in bewerings dat hy Summer verneuk het. Hulle het in Maart verlede jaar bekendgema­ak hulle is uitmekaar. Hulle is in 2006 getroud. ud.

“Sy het gesukkel om mense te vertrou,” vertel iemand in die binnekring. “Hulle het berading gekry, maar kon net nie daarvan herstel nie.”

Die skinderton­ge meen Casey, wat nou met die aktrise Floriana Lima (33) uitgaan, het sy swak gedrag by sy broer geleer. (Ben is daarvan beskuldig dat hy sy vrou, die aktrise Jennifer Garner, verneuk het met hul kinders se jare lange oppasser, Christine Ouzounian.)

Sommige meen die broers se onbestendi­ge kinderjare het dalk iets te make met hul onvermoë om getrou te bly. Ben en Casey se ouers is Christophe­r Anne “Chris” Bol dt ,’ n laerskool onderwyser­es, en Timothy Affleck, ’n alkoholis, wat Ben eens beskryf het as iemand wat “heeldag en elke dag gedrink en sy lewe kwaai opgemors het”.

Timothy was in die 1960’s ’n akteur en verhoog bestuurder, maar weens sy verslawing het hy gesukkel om ’n werk te hou en was hy tydens sy kinders se grootwordj­are om die beurt ’n nutsman, elektrisië­n, beroepswed­der en kroegman.

Chris het eindelik van hom geskei toe Ben 12 en Casey nege jaar oud was. Die seuns het in Boston by hul ma gewoon, terwyl Timothy na ’n rehabilita­siesentrum in Kalifornië is. Hy het later ’n verslawing­s berader geword en met sy seuns versoen geraak.

Die oopkop en kunssinnig­e Chris het haar seuns omring met mense wat in die vermaakbed­ryf werk. Sy het hulle ook aangemoedi­g om tuisflieks te maak en hulle na teaters en oudisies vir advertensi­es en teaterroll­e geneem. “Sy was die rots,” vertel ’n familievri­end. “Sy het hulle bymekaarge­hou; sy het hulle alles gegee.”

Loopbaange­wys het dit beslis vir die Affleck-broers vrugte afgewerp. BRONNE: ETONLINE, THE GUARDIAN, VARIETY, PEOPLE.COM, DAILY MAIL

BEN SE NETTO WAARDE R1,1 biljoen CASEY SE NETTO WAARDE R135 miljoen

 ??  ?? HOOFFOTO: Ben (links) en Casey Affleck. ONDER: Casey het onlangs sy eerste Golden Globe gewen. LINKS ONDER: Ben en Matt Damon in 1998 met hul Oscar vir Good Will Hunting. REGS: Casey en Michelle Williams, sy medester in Manchester by the Sea, waarvoor...
HOOFFOTO: Ben (links) en Casey Affleck. ONDER: Casey het onlangs sy eerste Golden Globe gewen. LINKS ONDER: Ben en Matt Damon in 1998 met hul Oscar vir Good Will Hunting. REGS: Casey en Michelle Williams, sy medester in Manchester by the Sea, waarvoor...
 ??  ?? BO: Casey was amper 10 jaar getroud metet die aktrise en model Summer Phoenix. REGS: Die akteur gaan nou uit met die aktrise Floriana Lima.
BO: Casey was amper 10 jaar getroud metet die aktrise en model Summer Phoenix. REGS: Die akteur gaan nou uit met die aktrise Floriana Lima.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa