Huisgenoot

Proteas seëvier in eerste wedstryd WEN

-

OU jy en jou maats van krieket speel? Droom jy daarvan om eendag vir die Proteas te speel? Dan moet jy weet van die KFC Mini-krieket-Kinders vs. Proteas-toernooi. Dié toernooi het onlangs in Kaapstad begin. Jy kan ook inskryf om ’n kans te hê om in hierdie toernooi teen jou kriekethel­de te speel.

’n Sterbelaai­de Protea-span met onder andere Kagiso Rabada en Hashim Amla loop ná die eerste van vier wedstryde in die 2016/’17KFC Mini-krieket-Kinders vs. Proteastoe­rnooi met 1-0 voor. En dit was een van die taaiste wedstryde in die toernooi se geskiedeni­s.

Die Proteas het dié wedstryd op een van die beroemdste velde in wêreldkrie­ket met ’n skamele twee lopies gewen.

Die kinders van die Kimberley Islamic School is voor die wedstryd met ’n spesiale oefensessi­e verras. Die afrigter op die dag van die wedstryd was die Protea-legende Graeme Smith.

Die Proteas het 63 lopies aangeteken en die kinders het in die toegelate agt boulbeurte ’n dapper stryd gevoer. Hulle het twee lopies nodig gehad van die laaste bal van die wedstryd, maar het die oorwinning net-net misgeloop. H LINKS: Die KFC Mini-krieket-spelers maak gereed vir die wedstryd. BO: Die KFC Mini-krieket-afrigter Graeme Smith (met rooi kep), die KFC Mini-krieketspa­n van die Kimberley Islamic School en die Proteas (van links) Dwaine Pretorius, Farhaan Behardien, Wayne Parnell, Hashim Amla, Lara Goodall en Faf du Plessis. KFC Mini-krieket-Kinders vs. Proteas-toernooi begin met ’n naelbytstr­yd

Graeme was duidelik trots op sy span. “Die KFC Mini-krieket-kinders het vandag hul hart uit gespeel,” het hy gesê. “Om met net twee lopies te verloor teen moontlik die beste Prot eadeel nemers nog aan hierdie toernooi, is niks om oor skaam te wees nie. Ek is oortuig hulle sal sterk terugkom in die tweede wedstryd,” het hy bygevoeg. Die KFC Mini-krieket-Kinders vs. Proteas-toernooi gaan volgende na Centurion, waar die Proteas sonder twyfel sal wil voortbou op hul vertoning in die eerste wedstryd.

Kagiso, ’n Protea-bouler, het op Nuweland goed vertoon met die bal én die kolf en het gesê: “Die kinders het ons beslis laat bontstaan op die dag en ons was gelukkig om te wen.

“Hul vertoning het ons weer gewys ons kan nie in die tweede wedstryd laat slaplê nie. Hulle het beslis baie talent in hul geledere en sal graag in Pretoria die telling gelyk wil maak.”

Die Kimberley Islamic School was die eerste wenner van die KFC Mini-krieket-Kinders vs. Proteastoe­rnooi, wat kinders die kans gee om die kolf teen hul helde op te neem. Gee jou laerskool of junior krieketklu­b die kans om teen die Proteas te speel. Bel *120*7535# of gaan na kfcminicri­cket.co.za om in te skryf. BO: Kagiso Rabada kyk toe terwyl sy spanmaat se boulwerk oor die grens geslaan word.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa