Huisgenoot

WAT ’N STORIE!

- (Blaai om)

Die Nederlands­e joernalis Marcel Langedijk (links) was verstom toe sy broer, Mark, vir hom sê hy gaan die stryd teen alkoholism­e gewonne gee en verkies om sy lewe deur genadedood te laat beëindig. Mark (regs) het dié plan verlede jaar deurgevoer. ook in sy laaste weke vertel. My ouers het niks gedoen waarmee fout gevind kon word nie, ek en my sussie ook nie, niemand het nie. Dit was in sy kop. Dit was sy probleem.

Die presiese probleem kon niemand ooit bepaal nie. Die sielkundig­es, psigiaters, huisdokter­s en ander versorgers het hul bes gedoen om hom te help, maar Mark kon aan niemand verduideli­k wat hy voel nie. Angs en ’n chroniese gebrek aan selfvertro­ue – dis hoe ver hulle gevorder het.

Maar om eerlik te wees, die diagnoses het nie meer saak gemaak nie. Teen die tyd dat Mark besef het hy het hulp nodig, dat hy met iemand moes gaan praat, was dit eintlik al te laat. Teen daardie tyd het alkohol hom al in sy greep gehad en nooit weer laat los nie.

Ek ken alkoholist­e goed. Stink mense wat in vuil woonstelle of op straat woon en geld soek vir die volgende bottel goedkoop rum. Mense wat die maklike uitweg kies, geen moeite doen nie en hulself net die vergetelhe­id in suip. Ja, so is hulle almal. Min het ek geweet . . . Dis waarom ek veral kwaad was vir Mark – nie openlik nie – toe ons so agt jaar gelede agterkom hy het ’n drankprobl­eem. Ons het dadelik gedoen wat die meeste mense sou doen: hom gehelp. Veral my ouers het alles in hul vermoë gedoen om Mark te red. Hulle het sy en sy vrou se twee kinders opgepas, hom by hulle in die huis geneem toe sy huwelik eindelik verbrokkel, vir ander verblyf gesorg, hom gereeld na reh abilit asieklinie­ke gestuur, en hom geld, steune n onvoorwaar­delike liefde gegee. Deur agt vernietige­nde jare en 21 hospitaal- en kliniekopn­ames het hulle bly glo in ’n gelukkige afloop, soms teen hul eie beterwete, en altyd met die vrees vir daardie oproep van die polisie met nuus wat hulle nie wou hoor nie.

Ons het probeer begryp en ons probeer inleef in die gedagtewêr­eld van ’n verslaafde, probeer insien waar dinge skeefgeloo­p het, waarom dit hom oorgekom het. Maar ons het ál kwater geword. Omdat hy ná elke besoek aan’ n rehabilita­sie kliniek dadelik weer begin drink het. Omdat hy gelieg het, altyd maar weer gelieg het. Omdat hy nie meer daar was vir sy seuns nie. Omdat sy ondernemin­g ten gronde gegaan, hy oral en nêrens gewoon en altyd weer in die moeilikhei­d beland het.

MY BROER het my dogter, Sammie, die eerste keer op 18 Junie gesien, presies 26 dae voor sy dood. Sammie was toe ’n maand oud. Mark se lip was vol bloed en sy kaak seer waar sy huismaat hom geslaan het voor hy hom uit die woonstel gesmyt het.

Die ou het dieselfde probleem as Mark en het graag die vuis ingelê. Hulle het rusie gemaak, het Mark verduideli­k, maar hy was vaag oor waaroor dit gegaan het. Daar was trane in sy oë. Hy was tot in sy siel verneder en het oor en oor gemompel: “Jammer, jammer, jammer.”

Ek en Carlijn, my vrou, was die aand vir die eerste keer sedert Sammie se geboorte uit vir ete. My ouers het die baba opgepas. Mark het van die polisiekan­toor af gebel. Hy het nêrens gehad om heen te gaan nie. My ouers het gesê: “Kom maar na ons toe, na jou broer se huis toe.” Wat anders kon hulle sê?

Toe ons effens aangeklam tuiskom, het hy daar gesit. Op die bank. Langs my ma. Hy was skaam, in pyn, in liggaam en gees uitgeput. Dit was nie die bedoeling dat hy Sammie sou sien nie. Ten minste nie toe nie, nie onder hierdie omstandigh­ede nie. Ons het wel vir hom ’n g eboorteka a rtjie gestuur en mekaar ’n paar dae tevore vir die eerste keer in maande gesien, maar dit was ’n versigtige ontmoeting.

Die voorafgaan­de tyd sonder kontak was ’n laaste poging. ’n Uiterste reddingspo­ging. Miskien sou dit hom laat besef hy sou regtig almal verloor as hy nie van drank wegbly nie. Die hele gesin het dit saam besluit toe hy ná nog ’n reha bili tasiekli niek en nog ’n verhuising weer na die bottel gryp. Dit was genoeg. Ná agt jaar was ons klaar hiermee. Ons het alles probeer, alles gedoen, alles gesê. Nou moes hy die pad self loop.

Dit het nie gewerk nie. Hoe graag hy ook al wou, hy kon dit nie regkry nie. Iets in sy kop werk nie. Verdomp.

Maar, het Mark laat weet, hy het wel nou ’n oplossing gekry; daarom wil hy graag met ons praat. Dit was belangrik, het hy gesê, en ons moet daarvan weet. Want hy wil doodgaan. Dit was die oplossing, sy oplossing: genadedood.

Soos alles wat hy die laaste jare kwytgeraak het, het ons dit met ’n knippie sout geneem. ’n Paar knippies sout. Genadedood is vir mense met kanker, vir mense wat ondraaglik ly, vir wie die dood al om die draai is; genadedood is tog nie vir alkoholist­e nie.

Maar toe ek hom op ons bank sien sit, het ek besef dit is ernstig. My ma het hom vasgehou. Hy het vergaan van die pyn, hy het gekreun, gebraak. Die oplossing blyk toe ’n glas wodka te wees. En nog enetjie. ’n Alkoholis wat nie drink nie, kry onttrekkin­gsimptome wat stuipe kan veroorsaak. Eenvoudig gestel: Mark moes aanhou drink. “Dis tog geen manier om te leef nie,” het hy gesê. Ek het net daar gestaan en selfs ’n bietjie gehuil.

‘Hy het vergaan van die pyn, hy het gekreun, gebraak. Die oplossing blyk toe ’n glas wodka te wees’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa