Huisgenoot

JOU EKS SE AFTREEGELD

Jou eggenoot se pensioen is deel van jul gesamentli­ke neseier vir jul oudag. Kom ons kyk wat gebeur as julle sou skei

- JOU GELDSAKE

WAT SÊ DIE WET?

Is jy, as nielid van jou eks se pensioenfo­nds, geregtig op ’n hap van sy of haar aftreegeld? Ja, mits julle binne gemeenskap van goedere getrou het of buite gemeenskap met ’n aanwasbede­ling. Regtens is jou maat se aftreegeld dan deel van jul gesamentli­ke bates wanneer julle skei. Dis ongeag of die geld in ’n voorsorg-, pensioen- of bewaringsf­onds is, maar jou gade moet steeds lid van die fonds wees wanneer die egskeiding bekragtig word.

WAT IS JOU PORSIE?

Jy en jou maat moet ooreenkom hoeveel van sy of haar aftreegeld jy kry wanneer julle skei. As julle verskil daaroor, kan die hof beslis wat die bedrag moet wees. Let wel: As die nielid sal jy self die belasting moet betaal op die bedrag wat jy kry. Maak dus seker jy reken die belasting in by enige uitbetalin­gsbedrag waaroor julle onderhande­l. Onthou: As jy die geld na ’n ander aftreefond­s oorplaas pleks van kontant eis, is dit belastingv­ry.

DOEN DIT REG

Onthou, jou gewese huweliksma­at se pensioenfo­nds sal jou net uitbetaal as dit uitdruklik in die egskeiding­sbevel gelas word. So ’n bevel is bindend. Die bevel moet duidelik uitstippel watter deel van die geld jy as nielid moet kry. Die betrokke fonds moet korrek in die bevel geïdentifi­seer word – onder meer by name. ’n Blote verwysing na “die aftreefond­s” beteken niks. Die bevel kan deur ’n hoër-, streeksof egskeiding­shof uitgereik word.

SO LANK DUUR DIT

Nadat die aftreefond­s die egskeiding­sbevel ontvang het, moet jy as nielid binne 120 dae kies tussen ’n kontantuit­betaling en ’n oordrag na ’n ander fonds van jou keuse. Nadat jy die fonds ingelig het watter opsie jy gekies het, word die fonds 60 dae gegun om dit te doen. As die fonds nie binne 120 dae van jou hoor nie, sal jy waarskynli­k outomaties ’n kontantuit­betaling kry en die belasting daarop verskuldig moet betaal.

‘Dis ’n tekort aan vriendskap, eerder as ’n tekort aan liefde, wat ongeluk na huwelike bring’ – FRIEDRICH NIETZSCHE, DUITSE FILOSOOF

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa